01
Okt
09

Boere en Bobbejane

13 November 2008

Die mense van die Flat White Snot Blog gaan my nog ‘n snotklap gee omdat ek so met hul kallers ploeg, maar ek moes net hierdie enetjie gaan steel.  Geskryf deur ene Mauritz, gee dit stof tot nadenke…

Eendag baie, baie lank gelede toe ek op die vliëende Ossewa gesit het, oppad na die onbekende Land van Oz – toe lees ek ‘n tydskrif. Daar was hierdie navorser wat vir baie, baie jare navorsing gedoen het op ‘n trop bobbejane daar iewers in Kenia. Hy het saam met hulle gebly en hulle bestudeer vir iets soos 12 jaar.

In die jare wat die bobbejane swaar gekry het – dit is nou droogtes, luiperds en kompetisie met ander troppe ens. – dan is die stresvlakke van die bobbejane baie laag. Hulle kom goed oor die weg en emosioneel is almal se koppe lekka opgeskroef.

Die goeie jare is een groot bugger up vir die klomp. Die luiperds is dikgevreet aan klipspringers en dassies – daar’s geen kompetisie met ander troppe nie. Net die ou klomp gelukkige bobbejane wat nou met mekaar opgeskeep is. Wat van die stresvlakke? Die klomp is gestres man – hulle gee mekaar nonsense – knou mekaar af en ‘gang’ op teen mekaar. Hulle loop nou wragtig waar rond met ‘n doring tak innie hand en kyk deur wie se gatte hulle dit nou kan trek – soos stiefpa altyd van die Afrikaner Volk gesê het.

Wat gaan nou hier aan??? Die klomp het nou alles en nou neuk hulle mekaar op. Watse siekte is dit nou die? Dit is die siekte van Goed Gaan – ‘n siekte soos yuppie griep, depressie en daai dinge. Ek het al yuppie griep gehad en dalk ly ek aan permanente depressie – ek het g’n idee nie.

Sien, ek sien die dêng elke dag. Julle moet onthou dat mense soos ons (nie mense wat in blikhuise bly nie) – maar mense wat ‘n sink dak oor die kop, lopende warm water , lektricity, geleerdheid en ‘n motorkar het – maar net iets soos 2-4% van die wêreld se bevolking uitmaak. Dis nou ek en jy. Ons almal dink dit is normaal, maar dit is nie.

Wat doen die klomp nou om hulle self te vermaak (nou nie ek nie, want ek leef in ‘n blikhuis en ek ry perd) – hulle kyk soapies en voel vreeslik skuldig oor hulle alles het en arme Bongani en Ghandi het bokkoroli. Hulle stig verenigings om siek katte en arm kinders te red. Hulle oordeel links en regs en loer elke dag deur die kant gordyn na Betsie langsaan – watse klere het sy vandag aan en hoe laat gaan haar ligte af vanaand.

Ek dink die Boere het vir te lank dinge te lekka gehad. Mense het hulle lewens aanvaar soos dit was en aangeneem dit is soos mense lewe. Mense het ook aangeneem dat Josephine maar net elke dag opdaag by jou huis met ‘n kindjie oppie rug en al jou huiswerk vir jou doen. Meeste mense het nie eers ‘n idee gehad waar ou Josephine gebly het en of sy lopende water gehad het nie – never mind of sy kon lees of skryf.

Orals in in die wêreld waar dit so goed gegaan het – sien ek nou hoe die bevoorregte Flat Whites so teen hulle eie draai – asof hulle skuldig voel oor alles wat hulle bereik het in hulle lewens. Waar kom die ding nou vandaan?? Wat gaan aan met die klomp Flat Whites innie wêreld wat nou skielik so skuldig voel??

Dalk het ons weer ‘n bietjie swaar tye nodig – daai lekka tye, waar ons almal in grotte wegkruip of aan kranse hang omdat ons wegkruip vir die luiperd. Die dae waar ons almal moes saam staan net om te kon eet, net vir beskerming.

Hierdie lekka dae is ‘n lelike ding – kyk net na die kinders van vandag. Almal het sulke lang gevrete en hang skouers omdat die hele wêreld teen hulle is. Hulle is suur omdat hulle nou so vêr winkel toe moet stap om die nuutste Xbox game te gaan koop. Hoeveel kinders is daar vandag met reguit skouers en hope energie. Nie daai energie wat na M&M luister en bubblegum trap nie, maar daai energie om buite doenig te wees en net pure fris en gesond te wees.

Ek hou nie van hierdie klomp moderne mooi gevreetjies wat elke oggend Pomelosap drink – dan ‘n uur of twee in ‘n gym gaan ’sweet’ nie (sien ek het ook die Goed Gaan siekte – ek loop al klaar met ‘n doringtak rond). Die klomp wat alles het, maar so ignorant is oor die res van die wêreld nie. Sit hulle innie son en laat hulle bietjie werk vir ‘n dag of twee, dan huil hulle vreeslik. Wat het geword van taai mense – mense met rigting.

Ek verlang na daai harde dae, die moeilike dae. Al wat besig is om te gebeur is dat die klomp innie wêreld wat ’swaar kry’ lekka saamstaan en besig is om iewers te kom. Die klomp bobbejane wat nou al vir so lank lekka lewe is besig om van binne te verrot. Macbeth se dinge het mos gesê die dag sal kom waar ‘Fair is Foul’ en ‘Foul is Fair’ of so iets. Op die oomblik weet niemand niks nie.

Ek dink ons is daar, die dat die wêreld nou so gat omhoog is. Die klomp bobbejane moet eers weer bietjie reggeruk word deur luiperds en bobbejane sonder enige maniere voordat ons mekaar sal uitlos en weer bietjie begin bou vir ‘n lewe.


0 Responses to “Boere en Bobbejane”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar


Statistieke

  • 29 990 keer gelees
Oktober 2009
M D W T V S S
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031