Posts Tagged ‘Ernstig

27
Feb
10

Skaapsteker vs Wors

22 Julie 2009

My stressvlakke is nou sky high as gevolg van die vreeslike crime wave wat ons land getref het.  Saans bly ek wakker tot 2, 3 uur in die oggend – want ek reken dan sal die meeste skollies van die straat af wees.  Maar dit maak mens baie moeg.  Bedags kan ek nie my oë oophou nie.  Êrens het ek gelees mens moet iets daadwerkliks doen aan jou situasie, en dis wat ek gaan doen. Ek meen, diesel hou ook net so lank in water, dan nie?

As mens so bietjie begin kyk na jou opsies, dan raak dit baie moeilik om te besluit.  Soos in my geval nou.  Op seker dieselfde plek, het ek gelees dat ‘n kefferbrakkie ‘n goeie afskrikmiddel is.  My ma se worshond, Anna, kwalifiseer as ‘n kefferbrak.  Sy sit ‘n vreeslike keel op vir enige ding wat leef of beef.

Anna was eers ‘n Ingelse hondjie, genaamd Angie.  My moeder het haar oorgeneem en die hond summier herdoop na Anna.  Vandag verstaan Anna geen woord Rooitaal meer nie.  ‘n Goeie, stoere Boerebrak.  Maar Anna is ook ‘n vieslike klein rassis.   Ek dink dit is sommer net in haar gene, want niemand het haar die onderskeid tussen mense geleer nie.  Nou, my ma is ook baie besorg oor haar nasate, en het aangebied dat ons Anna kan oorneem.  Alles goed en wel, maar Anna is besonder lawaaierig.  Verder skuie sy soms in die huis.  En die alewige ‘walkies’ irriteer die wille waks uit my uit.  Hondehare oral op die banke is ook nie baie aantreklik nie.

‘n Ander opsie wat Andrew so gaaf was om onder my aandag te bring, is ‘n slang.  Nie sommer enige slang nie, mind you. ‘n Skaapstekertjie.  Mense mag dit dalk bevraagteken, maar na my intensiewe navorsing oor die Skaapsteker, is ek sommer baie beïndruk met die slangetjie.

‘n Skaapstekertjie is aggressiewe klein slangetjie, en dis wat mens soek.  Verder kan mens hom seker arrogant ook noem, hy meng nie sommer met enige hierjy en sy maat nie.  Wat ook ideaal is.  Anders as Anna, wat ‘n sekere deel van die bevolking sonder ‘n blaf sal toelaat, is die Skaapsteker meer puntenerig.  Geen onderskeid tussen mense word getref nie.  Al iAfrika se boorlinge is ewe ongewild.

Wat die klein Skaapsteker egter so uniek maak, is die feit dat hy baie veelsydig is.  Mens kan hom glo tot baie ingewikkelde goed aanleer.  My jinne.  Ek sien al in my geestesoog hoe my klein Skaapsteker hom saans op die rusbank tuismaak met die tv-remote langs hom.  Met die punt van die stert kan hy skuif van CNN, na Sky News, na E-tv en so op hoogte bly van die vreeslikheid wat in ons wêreld aangaan.  (Nota aan self:  ek moet hom net nie die reiskanale leer nie.  Netnou loop soek hy ‘n plek wat rustiger is.)  Later kan ek hom selfs leer om rondom middernag die nuwe misdaadstatistieke op die Beeld te gaan lees.

Die enigste minder goeie eienskap van die Skaapsteker, is dat hy eintlik nie daarvan hou om alleen te operate nie.  Nee, hy hou van ‘n side-kick.  Dalk net ‘n titseltjie korter as hy, maar met net soveel spunk.  As die een se moed en spoed opraak, vat die ander een oor.  En as die battle dalk te erg raak vir een, kan die ander een ook inspring en hom ondersteun.

Gelukkig het ek nie livestock nie, want nog ‘n aardige gewoonte van die Skaapsteker is om enige ding met ‘n tiet te bespring en te suie dat die melk skuim in sy mondhoeke.  Maar, wie weet.  As die dingetjie regtig so goed en slim is, sal ek dalk vir hom ‘n bok-ooi aanskaf.  Die een hand was mos die ander hand. Of so iets.

As gevolg van hulle intelligensie, is die  Skaapstekers vreeslik gewild oorsee.  Almal wil ‘n klein Skaapsteker hê.  Mens kan dus nie net die Karoo binnevaar en vir jou een vang nie.  Nee, genade.  Die situasie is nou al so erg dat as jy regtig ‘n Skaapsteker wil hê, jy hom basies van oorsee af moet invoer.  Verskriklike skande, as jy my vra.  Die grootste konsentrasie Skaapstekers vandag is nie meer in Suid-Afrika nie, maar in Perth en omgewing.

So, hier sit ek nou.  Besluite, besluite.  ‘n Kort, dik worshond, of  ‘n lang  slang?

03
Jan
10

Ek bly net

18 April 2009

Ek kan myself op geen ander plek in die wêreld sien, as êrens in Afrika nie.  Daar is nie logika in nie, ek weet.  Die son skyn immers net so lekker op ander plekke op die aardbol.  Dis net ‘n ding wat ek weet. ‘n Paar jaar gelede het ons ook daaraan gedink om eerder te gly as te bly.  Toe dit egter tyd word om regtig te besluit, kon ons nie so ver kom om dit wel te doen nie.  So, nou is ons nog hier, en ek vermoed ons gaan hier bly.  Dalk nie vir ewig in Suid Afrika nie, maar definitief in Afrika.

Keuse of te nie, ek raak mismoedig en depressief as ek al die voorspellings oor Suid-Afrika se onvermydelike ondergang lees.   Soos Tim du Plessis se artikel gister in Beeld.  Toe begin ek soek na iemand wat die antwoorde het.  Wat raad het.  En ek kry dit, snaaks genoeg ook by Tim:

Die Trekkerleier Piet Retief het ’n manifes uitgereik waarin die Boere verklaar het hoekom hulle trek.

In die “manifes” waaroor Rapport vandag berig, sê die Boere waarom hulle bly.

Albei manifeste het nietemin belangrike ooreenkomste: hulle is geskryf en onderteken deur omgekrapte mense. Albei behels protes.

Soos Dirk Hermann van Solidariteit sê: om te bly, kan ook ’n daad van protes wees. Of, in ligter trant: moenie kwaad gaan slaap nie, bly wakker en baklei!

Dis ’n subtiele, dog betekenisvolle ratverwisseling. Ons bly, want ons wil stry, regmaak.

Aan die hand van stewige navorsing deur die Instituut vir Rasse-aangeleenthede het Rapport verlede jaar berig dat sowat ’n miljoen wittes Suid-Afrika tussen 1995 en 2005 verlaat het.

Die berig is destyds wyd opgevolg en oral druk bespreek. Hoofsaaklik onder wittes.

’n Algemene reaksie was: pla dit dan nie die ANC-regering dat soveel wittes hul kundigheid en hul geld landuit gevat het nie?

Hulle móét tog bekommerd wees. Sedert daardie berig is ook knaend in die buitelandse media berig oor die massiewe uittog van wittes en deesdae al meer, ook mense van ander minderheidsgroepe.

Die waarheid is die ANC-in-regering en as politieke party gee nie ’n flenter om oor emigrasie nie.

Opposisie-LP’s wat daardie syfers in die parlement geopper het, is uitgelag deur daardie koor van leë blikke, die ANC se agterbankers.

Charles Nqakula, die meestal bewustelose minister van veiligheid en sekuriteit, het eintlik ’n helder oomblik gehad toe hy verlede jaar in die parlement gesê het dis net wittes wat kla oor misdaad, hulle moet maar skoert.

Dis die ANC se hartstaal daai. En eintlik heel begryplik.

Kan iemand nog onthou hoe die Natte die liberale, die Jode en die Engelse gekoggel het wat in die apartheidsjare gewaai het?

PFP staan vir “packed for Perth”, het hulle die party van die stoere patriot Frederik Van Zyl Slabbert gespot.

Emigrasie het nie die vorige magshebbers tot hul sinne geruk nie en sal dit nog minder doen met die huidiges. Dis bloot menslike natuur.

Eintlik is dit eenvoudig. Elke witte wat loop oor misdaad en die verlammende raspolitiek van die ANC in die Mbeki-era, is een minder wat kan protesteer.

Een minder wat sy of haar stem luidkeels verhef teen die algehele agteruitgang in die land se infrastruktuur en die skreiende onbekwaamheid van die staat op alle vlakke van regering.

Een minder wat ’n lesersbrief aan ’n koerant kan skryf om te protesteer.

Een minder wat kan inbel na ’n geselprogram op die radio en lawaai oor korrupsie en wanadministrasie.

Een minder wat inligting vir ’n opposisie-LP kan gee wat die forum van die parlement kan gebruik om wandade te onthul en op die openbare rekord te plaas.

Een minder wat vir ’n opposisieparty kan stem. Of wat ’n koerant kan koop wat onthul, ondersoek en sommer net die hel losmaak oor alles wat verdomp verkeerd loop.

Een minder wat die magshebbers ongemaklik kan laat voel met openbare protes.

Die punt is: daar is genoeg demokratiese ruimtes wat ons kan gebruik om te stry en te baklei as ons bly.

Nou weet ek daar is baie voornemende en gewese trekkers wat sal sê wat help dit ek bly as ’n daad van protes, maar ek word in my huis vermoor?

Of my loopbaan val vas weens ’n raskwota by die werk?

Vir hulle is daar gewoon geen antwoord nie. Hulle moet gaan en gelos word om in vrede te gaan.

Uiteindelik is bly of trek ’n saak van diepe innerlike oortuiging.

Maar soos ons sien aan die vrolike verskeidenheid van mense wat die Blynet-deklarasie onderteken het, hier is sommer nog lekker baie van ons wat wil “wakker bly en baklei”.

Dis ’n fout om te dink net wit Suid-Afrikaners is tans omgekrap. Die kuns is om nie-rassige koalisies te vestig om te protesteer.

Die beginpunt daarvan is om te bly.

Gisteraand het ek ook ‘n BlyNetter geword.  En ek gaan by AfriForum aansluit.  Hierdie onderhoud met AfriForum se Kallie Kriel in die Mail & Guardian, het my oortuig.  Om net te sit en huil en as oor jouself te gooi, gaan niks help nie.

22
Des
09

Mathys Roets

Ek moet meer gereeld die Beeld lees.  Ek sou verseker nie dan my vorige (ligsinnige) posting gedoen het nie.




Statistieke

  • 29 978 keer gelees
Mei 2024
M D W T V S S
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031