Posts Tagged ‘tags

25
Feb
10

Griffel Geheime

17 Julie 2009

Ai, ai, ai.  Die ewige tags.  Ons was gelukkig om ‘n paar maande tag-vry te leef, maar tussen Adrie en Girly, kan ek sien hier kom groot moeilikheid.  :mrgreen:

Any way, hier’s myne:

Photo-0202

Skuus, ons kamera is in Angola, en die selfoon moes doen.  En die enigste ‘mooi’ papier is ‘n exam pad.  :oops:

As julle enige verborge geheime in my handskrif kan lees, voel vry om dit te deel.  :lol:

Uhm…ek moet die tag deel met 5 gelukkige wenners, en hulle is:

Flippie

Sandra

BB

Nikita

Huisvrou

Wys ons julle handskrifte en tag die volgende 5, asb?  :wink:

Advertisements
29
Nov
09

Skud my sak

27 Februarie 2009

Kaalvoet het my getag om te wys wat in my handsak is:

Post a picture of whatever bag you are carrying as of late. No, you can’t go into your closet and pull out your favourite purse! We want to know what you carried today or the last time you left the house.
List how much it cost. And this is not to judge. This is for entertainment purposes only. So spill it. And if there is a story to go along with how you obtained it, we’d love to hear it.
Show us what’s in your purse. Spill it out! Take pictures! Tell us what it is!
Tag some chicks. (sorry boys, but I’m guessing not a lot of you carry bags around anyway, except maybe the Korean lads).

Ek is doodeerlik as ek sê dat ek nie ‘n handsak in Angola het nie.  Ek en Papsie gooi sommer al ons gemorsies saam in een sak as ons die dag êrens heen gaan.  Ek gaan dus die sakkie wys waarmee ek reis.  :oops:

Hierdie is ‘n rugsakkie wat die kinders as ‘n ‘free gift’ gekry het toe hulle iets by Game gekoop het.  Regtig ‘n ou cheapie, maar tot dusver die gerieflikste van al die sakke wat ek tot dusver uitprobeer het.  Dit pas gewoonlik ook nooit by enige kleurskema nie, maar hy kan Anna (die laphond), ‘n kamera, twee selfone, ‘n windbreaker en al die dokumente binne hou.  En nog iets, as dit moet.  :wink:

002

En hier is sy inhoud.  Duidelik het ek die sak net neergegooi toe ek hier aangekom het en nooit leeggemaak nie.

0031

Heelbo is Pieter se geboortesertifikaat.  Ek moet dit wys as ‘identifikasie’ voor sy e-ticket uitgereik kan word.  (Ons paspoorte wag altyd in Johannesburg vir ons.)

My beursie, vol SA kaarte.  Ek gaan hom eers weer in Johannesburg oopmaak as ek teruggaan.

My twee ID boekies.  Jip, ek het twee!

‘n Vyfsent.  Nog baie daarvan in my beursie.

My enigste twee lipstiffies.  Ouch.  Nou verraai ek my butchgeit…  :lol:

Ons geelkaarte en e-tickets.

Ek en Pieter se paspoorte.

Twee Southern Sun notaboekies – ek kan nie ‘n freebie weerstaan nie, en dit hou Pieter ook besig as ons wag.

En die belangrikste – ek vlieg nooit daarsonder nie – twee cable ties.  Ek het dit te veel keer al nodig gehad en NIE by my gehad nie.

Drie swart penne:  een kommin Bic, en twee Southern Sun penne.

Nou moet ek nog twee meisies tag.  Met al my hondedrama het ek bietjie slapgelê met die bloglesery, so vergewe my as julle alreeds getag is.  Dellie?  Sandra?

11
Sep
09

My Motto (vir nou)

20 Junie 2008

Wipneus het my getag om my motto te deel.  Ek doen dit graag!  Na alles wat die week gebeur het, is ek nie te liefie diefie op die oomblik nie.  Skuus, Dellie, volgende week sal ek meer positief wees!  Toevallig het Skoor my motto vir my gemail, sonder dat sy geweet het hoe nodig ek dit het! Hier’s hy:

Live your life in such a way

that when you feet hit the floor in the morning,

Satan shudders and says:

“Oh Sh&%t!! She’s awake!!”

Jip, ek’s ‘n brullende leeu, ‘n tierende viswyf. Ek wil gatskop, strotte toedruk, oë uitpluk, harte uitruk en koppe inbash.  En die een wat vanoggend my kardeur ‘versier’ het met vier dik strepe, kan sy sterre dank dat ek nie my hande op hom kon lê nie…

Wonderlike naweek vir julle! En ja, ek bedoel dit!

03
Sep
09

Seekat, kremetart of dikderm-uitstulping??

3 April 2008

Oukei, Dellie, hier is my kunswerk! Geskep deur myself, met behulp van Paint. Happy??

tag.jpg

Nou laat ek dink. Wie gaan ek tag om hierdie lyding voort te sit?? Bottertjie, Eben en Kokkewiet.  Skuus, mense, maar Miss Dellie het gepraat!




Statistieke

  • 25,284 keer gelees
April 2018
M D W T V S S
« Mar    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  
Advertisements