By boends

Hierdie is ‘n argief van Boendoe se blog, wat uit Google Reader gered is.  As iemand idees het hoe om haar inskrywings van 2007 terug te kry laat weet asseblief.

En los gerus ‘n boodskap vir haar hier onder.


17 Responses to “Boodskappe vir Boendoe”


  1. Augustus 31, 2009 om 6:57 nm

    Ons mis jou, Boendoe!!!

  2. Augustus 31, 2009 om 8:00 nm

    Ons sal jou begin betaal???? Ag asseblief kom loer net in!

  3. 3 maxie
    Augustus 31, 2009 om 8:06 nm

    Boendoe, mis jou woorde en jou humor en jou insig.
    En jy weet mos ek draai altyd eerste by jou…..
    En nou voel ek (ons) so half lost…..

  4. Augustus 31, 2009 om 10:33 nm

    Ai Boendoe, dis baie jammer. Jy skryf so goed, en so wyd, ek kan my nie voorstel hoe dit sal gaan nie. Jy het van alles geskryf, en geskryf met ‘n hart. Van die angste en kwessies wat ons almal oor wroeg ten opsigte van Suid-Afrika, migrasie en so aan, maar altyd met hope medemenslikheid.
    En oor Angola het jy so geskryf dat ek droom daarvan om eendag weer daar te kan kom.

    Wil jy nie maar heroorweeg nie?

  5. 6 Plaasjuppie
    September 1, 2009 om 8:52 vm

    Ai Boendoe, jou plekkie op ons blogrolle is leeg en dit sal regtig ‘n verlies wees as jy nie terugkom nie. Wil jy nie ma’ net iets kom sê nie, al is dit net koebaai?

  6. 7 Zee
    September 1, 2009 om 11:43 vm

    BOends, en nou, gaan ons lank wag? Even ouma A3 het daar by my ook al vir jou ‘n boodskap gelos🙂

  7. 8 Henriette
    September 1, 2009 om 11:53 vm

    Ai. Julle boodskappe en Eelt se poging om die Boendoe-blog te ‘bewaar’, laat my klein en skaam voel. Dankie…

    Natuurlik mis ek dit om te blog, en die interaksie met ander. Ek mis dit BAIE.

    Ek is net nou op ‘n plek waar ek sover as moontlik van “Boendoe” wil kom. Ek kry Eelt jammer met sy ‘red-werk’, maar ek kan myself nie sover kry om WordPress te vra om die blog te recover nie. Hoe dieper Boendoe en al haar dinge begrawe kan word, hoe gawer vir my.

    Ek lees weer van my ou goed, en dis net nog lang, vervelige stukke. Dis die mense wat by my kom lees het en daar kommentaar gelewer het, wat die blog lewendig en prettig gemaak het. Op die beste was dit ‘n goeie kletskamer. 😆

    Dus, baie dankie, dit WAS lekker. Dalk sal ek weer blog, maar nooit weer as “Boendoe” nie. Laat haar begrafnis net eers agter die rug kom. 😉

    (Grrrr…en nou klink ek soos ‘n wafferse prima donna…) 😳

  8. September 1, 2009 om 4:38 nm

    Hi Boendoe/Henriette, ek wonder nogal hoe jy oor ‘n paar jaar gaan dink oor hierdie tyd. Gaan jy daaroor lag of gaan jy daaroor huil? Partykeer kan mens sulke drastiese besluite neem gebasseer op gebeure wat op daardie stadium baie erg gelyk het, maar soos die tyd verbygaan kry mens ‘n ander breer perspektief. Wanneer jy na jou eie inskrywings deur jy eie oe kyk kry jy ‘n subjektiewe indruk daarvan, maar as jy meer objektief daarna kyk deur hoe ander mensedit sien, kry mens ‘n heel ander idee. Ek dink nie inskrywings is bedoel om Pulizer pryswenner te wees nie. Dit is juis die menslikheid daarvan wat ander lesers trek en daarvan ‘n sukses maak.

    Dit gese^, ek kan nogtans jou besluit respekteer om nie meer onder die naam Boendoe (en met die bagasie wat miskien daarmee saamkom) te skryf nie. Daarom wens ek jou alles van die beste toe as…

    …die woeraar wat bekend gestaan het as Boendoe.

  9. September 1, 2009 om 6:39 nm

    ((Henriette))

    Jy het ons almal se lewens op een of ander manier geraak – anders sou ons nie hier gewees het nie. Dankie daarvoor.

    Sorteer uit wat jy moet – ons sien uit na die dag waarop ons weer kan wegraak in jou stories.😉

    NS – jy sal nooit raai wie het my vandag opgespoor nie! Gypsy-jo! Onthou jy nog? Daar heel in die begin so 3 jaar terug toe ons net begin blog het? Ai, ek mis daardie dae …

  10. September 2, 2009 om 12:21 vm

    Eish, Eelt. Dalk kan jy nou ontspan? 😉

  11. September 2, 2009 om 6:52 nm

    Ek wil nog steeds baie graag jou ou blog red, al sluit jy die kommentaar en laat dit agter.
    Maar ek is bly jy is weer met ons!

  12. September 17, 2009 om 1:02 vm

    Ek is ook bly jy is terug. Ek het nou weer hier kom lees ook. Dankie Eelt, hierdie was te kosbaar om te verloor.

  13. 14 eelt
    September 20, 2009 om 10:48 vm

    Dankie Nelba. Ja, dit sal seker nog minstens ‘n maand neem om alles op te sit.
    Dis nogal ‘n groot werk – 407 inskrywings van bashinginnieboendoes.wordpress.com (2008-2009), en nog 42 uit 2007 wat ek elders opgespoor het.
    So ek hoop sy voel baie sleg dat sy my soveel werk veroorsaak het, maar tussen jou en my – ek geniet dit vreeslik om alles weer te lees. Party posts is skreeusnaaks, en alles is met ‘n menslikheid geskryf wat maak dat mens maar net kan saam voel.

  14. Maart 21, 2010 om 7:26 vm

    Okay, selfs Tant Anna het nou die kloutjie by die oor… of sy dink so. Brandnetel was eens op ‘n tyd, lank, lank gelede Boendoe en toe het sy vir een of ander rede besluit om nie meer Brandnetel te wees nie… en toe sluk saaiberspys haar op een of ander manier in, maar gelukkig kom haar ridder(es) op ‘n witperd (kiebord), Eelt, tot haar redding en pluk haar stuk, stuk terug in Blogland in. As Tant Anna reg is, dan is sy baie bly want nou kry sy dubbelporsies Vlam op haar bord en dit is so lekker soos soetpatats met heuning.:mrgreen:

    • Maart 22, 2010 om 8:30 vm

      Ja dis min of meer reg. Ek is ‘n toegewyde fan van haar blog – nie ‘n ridder van enige aard nie.
      ‘n Porsie Vlam is soos pap en kaiings!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: