Posts Tagged ‘Nonsies

11
Feb
10

Uiteindelik ‘n boerin

23 Junie 2009

Nou die aand luister ek na Nataniël op KykNet toe hy met Rian praat.  Rian het hom gevra hoe hy voel oor ‘n kerk wat hom nie wou nooi as gasspreker nie.  Nataniël het droogweg geantwoord dat hy een ding geleer het in sy lewe:  as jy nie voldoende kennis het nie, moenie ‘n oordeel uitspreek nie.  Ware woorde.

Toe Dellie ‘n maand of twee gelede vertel het hoe lekker sy boer en oes op Farm Town, het ek ook maar net my oë opgeslaan en gewonder oor haar sanity.  Ek het nooit eers gaan kyk hoe dit daar lyk nie – tot die naweek.  En ja, ek moet bieg.  Ek het geoordeel vóór ek enigiets daarvan geweet het.  Nou’s ek ook gevang – hook, line and sinker.  :lol:

Aanvanklik kon ek net tamatie en aartappelsaad koop.  Ek het gewroeg oor die feit dat mens nie die twee langs/naby mekaar moet plant nie.  Dieselfde met die bome.  Groente sou mos nie onder die bome floreer nie?  En bome het darem spasie nodig om te groei?  Toe los ek maar ruim spasies tussen my beddinkies en bome.  Sommer tjop-tjop was my plasie vol.  En toe begin ek kuier op die ander plasies…

Dáár sien ek dat daar geen onbenutte stukkie grond is nie.  Beddings is teen mekaar.  Bome op mekaar.  In die virtuele wêreld is daar nie luise of roes of gebrek aan sonlig of grond met swak drakrag nie!  Al wat jy moet doen, is saai en oes.  Die rewards kom amper vanself.

Oukei, ek weet nou my plasie lyk baie deurmekaar.  Dit help nie dat ek begin het terwyl ek in die bed was sonder ‘n muis nie!  My rye was/is skeef, maar noudat ek by die tafel sit, is ek in meer in beheer.  (Daar het jy jou antwoord, farmer Ghirater, of ek ‘n reguit lyn met ‘n liniaal kan trek!)  :evil:

Ek’s nog skrikkerig om mark toe te gaan en met wildvreemdes te gesels.  Daar’s so baie van hulle, en almal lyk so besig soos die Eveready Bunny.  Scary!  :shock: Ek stel ook nog nie belang in huise en stroompies en bruggies nie.  Ek wil geld maak!!  :mrgreen: Sover lyk dit goed.  Ek het vanoggend my eerste ‘groot’ oes gehad.  Ek hou van my bankbalans!

Maar laat ek waai.  Noudat die oes van die lande is, moet ek weer gaan ploeg en saai. Never an idle moment…the life of a farmer.  :wink:

Advertisements
24
Jan
10

Dis hoe dit is.

21 April 2009

Ek het hierdie by Lood gaan steel:

Hierdie is glo ‘n oerwysheid van ‘n Amerikaanse stam (nie die Republikeine nie):

As jy ontdek jy ry op ‘n dooie perd, is dit die beste om af te klim en op ‘n ander perd te klim.

Hier in Suid-Afrika word meer gesofistikeerde strategieë gebruik, soos:

1.  Koop ‘n sterker, duurder sweep.

2.  Verander die ruiter.

3.  Stel ‘n komitee aan om die perd te bestudeer.

4.  Stel ‘n kommissie aan wat ander lande besoek om te kyk hoe hùl dooie perde ry.

5.  Verlaag die standaarde sodat dit ‘n dooie perd kan insluit.

6.  Herklassifiseer die dooie perd as “polsslag-gestremd”.

7.  Stel kontrakteurs aan om die dooie perd te ry.

8.  Span verskeie dooie perde saam in om die dooie perd se vertoning te verbeter.

9.  Doen ‘n produktiwiteitstudie om vas te stel of ligter ruiters die dooie perd se prestasie sal verbeter.

11.  Hersien die verwagte prestasievereistes vir dooie perde.

12.  Bevorder die dooie perd tot ‘n toesighoudende posisie.

As jy dít alles verstaan, is jy beslis ‘n Suid Afrikaner.

:lol:

Happy voting more!

PS.  Onthou, 5:00 more-oggend kan ons weer iets by die Wosonki’s lees.   :mrgreen:

20
Jan
10

Soek, en jy sal (dalk) vind

20 April 2009

Ek staan verdeeld oor die soekenjin terme wat mense by my uitbring.  Aan die een kant is dit blêrrie  snaaks; aan die ander kant irriteer dit ook die wit waks uit my uit.  Dis seker nie goed om daaroor opgewerk te raak nie, maar somstyds wonder ek of die ’siel van die volk’ nie deur die soekterme geopenbaar word nie.

Die mees gewildste is nog steeds, by verre, skeurbuik, skeerbuik en scurvy. Duidelik word my tong-innie-kies possie oor skeurbuik hoog op prys gestel.  Daar gaan amper nie ‘n dag verby dat een hom lees nie. Ek wag nog steeds dat iemand my moet bedank omdat ek al die inligting so mooi netjies bymekaar gebring het èn boonop links na ander plekke gegee het waar hul meer kan lees daaroor.   :evil:

Kort op sy hakke, is kaalgat en alles wat daarmee saamgaan.  Kaalgat meisies, kaalgat foto’s, kaalgat tiete. ‘n Nuwe een wat onlangs bygekom het is afrikaanse porn sterre. Die lys gaan aan.  Rêrigwaar.  Ek dink daar is nog baie mans wat na oom Angus moet gaan luister.  :wink:

Ek weet ook nie wat mense hierheen bring met ooievaarstee gediggies en cute sms boodskappies nie.  Huh?  Nie hier nie, sussies, nie hier nie.  Om die waarheid te sê, daar is niks wat my maller maak as ‘n sms’ie wat iets oordra soos “Ek gooi jou toe met fairydust…”   Yuk, yuk, yuk!

Daar is darem baie wat my laat giggel.  Soos draadtrek foto’s, spit blog, druk die fokken groen knoppie, skerpioene, slangvanger, rooilipslangetjie, ek is lief vir my man, my ou in ‘n paragrafie, hoekom is daar wildtuine in suid-afrika… :roll:

Die snaaksste soekterm het Rosa gekry:  cannetti pussini. Waarop Rosa hom droogweg geantwoord het:  “Ou pel, jy moet mooi kyk, dan sal jy kan sien.”  :lol:

Gaan kyk by Dellie vir Die Versamelde Werke van Soek Enjin Terme.

02
Jan
10

Dagdroom

17 April 2009

Gisteraand kry ek ‘n sms van my man.  “Lief, ek weet jy hou van SA, maar…blah, blah (res is privaat!)”.   Ek het omtrent aan my koffie verstik.  Dìt nadat ek ‘n posting begin het…en weer die ‘delete’-knoppie gedruk het omdat ek nie onvergenoegd/difficult to please wou voorkom nie.

My man kom in Mei net vir ‘n week af.  Nà ‘n week in die land, kan ek verstaan hoekom so kort.  Dis al wat jy nodig het om weer te gaan shop in die malls, ‘n hamburger te eet en ‘n movie te gaan kyk.  Dan is die nuutjie oor.  Behalwe vir die kinders, is daar nou niks wat my hier hou nie.  As ek more kon teruggaan, sou ek.

Dalk is ek maar net moeilik om te please.  Suid Afrika is nie bad nie.  Dis lekker om volgens verkeersreëls in netjiese, skoon strate te ry.  Dis ‘n plesier om P & P toe te gaan en te kan kies tussen  Rama, Floro of Stork.  Dis lekker om gepamper te word by die hairdressers – en boonop met ‘n snazzy haarstyl uit te stap.  Dis broodnodig om die nuutste anti-wrinkle creampies aan te skaf.

Maar na ‘n week is dit so…boring.

Eintlik is dit die dorpslewe wat my vang.  Alles is so voorspelbaar en georden.  Vermaak is kunsmatig en o, so vlak.

Ek mis die son op my kop.  Grond onder my naels.  Sweet wat teen my rug afloop in klein stroompies.  Om moeg en lyfseer te wees na ‘n dag agter ‘n graaf.   Ek mis my jeans en T-shirt-uniform.  My cheap crocs.

*sug*

Lief, ek soek ‘n plaas.

Orraait, ek sal settle vir ‘n plot ook.

31
Des
09

Jou 3, pleaze

15 April 2009

Mei-maand kom my man vir ‘n rukkie af, dan gaan ons terug Angola toe en gaan vir bietjie meer as ‘n week die land platry.  Fortyfour se overheating probleme word nou aangespreek, my man maak biltong vir padkos, en ek…ek download musiek vir ons trip.  :mrgreen: (Het julle gedink ek boer by YouTube sommer vir sommer?!) Die probleem is, ek slaan so toe soos ‘n klei-os se gat as ek voor Lime Wire sit.  Het nie ‘n clue wat om te soek nie.  Kon nog net so 20 songs aflaai – want dis al waaraan ek kon dink.

Ons is redelik maklik – luister na ‘n groot verskeidenheid musiek.  Hoe lyk dit?  Wil elkeen wat hier lees nie ASSEBLIEF sy/haar 3 hot favorites hier gooi nie?  Meer, as jy wil.  (Oukei, Rosa, jy is verskoon.)  :lol: En nie Suid Afrikaanse kunstenaars nie, asb, Lime Wire het hulle nog nie…  :roll:

31
Des
09

Izzit?

12 April 2009

Ha!  Net toe ek dink ek hoort in ons ou landjie, kom ek op hierdie quiz af.  Vir ‘n goeie Suid Afrikaner het ek maar net 87 % gescore.  :lol: Go figure.




Statistieke

  • 25,767 keer gelees
Julie 2018
M D W T V S S
« Mar    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  
Advertisements