Posts Tagged ‘Kos

11
Feb
10

Burping Bovines

24 Junie 2009

Gistermiddag ry ek Spar toe om…ahem…my stukkie rooivleis vir die aand te gaan koop.  Dis toevallig nuustyd, en ek luister aandagtig na al die berigte van moord en doodslag en korrupsie.  Dit was egter die laaste brokkie nuus wat my amper die kar laat omsmyt het.  Wetenskaplikes in Kanada probeer ‘n nuwe soort bees teel wat nie soveel ‘methane emissions’ vrystel nie. WTF??  Ja, blykbaar is beeste se burps (en farts) verantwoordelik vir 75 % van die wêreld se ‘methane emissions and have a major impact on global warming’.

As ‘n jong, opkomende Farm Town boerin – wat dadelik die snaakse hik-bewegings van ons koeie raakgesien het – moes ek dit gaan Google.  En ja, dis al stokou nuus – net ek wat nie daarvan geweet het nie.  Ek reken dit sal veiliger wees om eerder op gewasse te fokus, of dan hoenders, want sommige regerings het praatjies oor ‘burp and fart tax’?  :shock: Beeste burp, skape fart, maar moenie varke en bokke weggooi nie.

Altering a cow’s diets has already reduced their methane emissions by 25 percent, but now the boffins are looking at the genes responsible for methane rich burps.   (Lees hele berig hier.)

Nog een:

File this one under “I couldn’t make this shit up if I tried.” After all the endless moaning and wailing by environmentalists and other assorted leftist nut-jobs that humans are mucking up the environment and causing the worst warming trend in history, a new study shows that cow shit and cow farts are far more to blame.

In fact, the United Nations Food & Agricultural Association claims that the world’s 1.5 billion cows are worse then all the cars, planes, and all other forms of transportation PUT TOGETHER. Apparently, cows are so dangerous because their “emissions” contain methane gas—a substance thought to heat the atmosphere twenty times more than the carbon dioxide that usually gets all of the press.

Cows are believed to account for one third of all the world’s methane emissions, and therefore the tasty beef-supplying critters are responsible for all the most heinous crimes against the environment: acid rain, desertification, and, of course, the destruction of coral reefs. Surprisingly, the cows themselves have nothing to say in their defense, other than “Mooo shit.”

In a related report, the Intergovernmental Panel on Climate Change concluded that humans are doing less damage to the environment then previously thought. Mankind’s influence on Global Warming has been reduced by 25% and expected rises in sea level have been cut by half.

En nog:

“Well, the average Joe, when he goes to the supermarket and buys any kind of dairy product or beef or pork is going to end up paying through the nose to pay for the cow fart tax,” Sensenbrenner said.

He said the issue was “no laughing matter,” and blamed a Supreme Court decision giving the EPA wide leverage for regulate greenhouse gases and emissions for leading to the current situtation.

“Now, you know, I wonder if the EPA is going to say you can get an exemption from this tax if you put a catalytic converter on each end of the cow,” he said. “I wonder what the Humane Society would say about that.”

Nou het ek alles gehoor.

Ons taak is duidelik:  EET die boosdoeners sodat daar minder van hulle is om te poep!  :mrgreen:

Advertisements
24
Jan
10

Padkos?

28 April 2009

Tien dae op die pad, êrens in die gramadoelas.  Ys vir ‘n maksimum van vier dae.  Geen waarborg dat daar ys of (ons tipe) kos langs die pad te koop gaan wees nie.  So, wat eet mens vir die volgende ses dae?

•  “Cowboy stew”   (Boeliebeef, baked beans, tamatie en uie)

•  Biltong, droëwors en brood.  (Vir my is dit lekker, my ou lief dink nie dis te hot nie.)

•  Instant noodles.  Daai boksies waar mens net water bygooi en dit vir ‘n paar minute laat staan.

•  Pakkies sop  (boring, ja, maar benoude kat maak benoude spronge.)

•  “Toppers”, of te wel gedroogte soya.   Yuk.

•  Kerrievis – saam met brood/rys behoort dit oukeierig te wees?

Ons vat ’snacks’ soos chips en gedroogte vrugte saam, asook goed soos Cocopops vir Pieter.  Hy eet dit sommer droog.

Enige blinker idees?  Onthou, alles is nie by Shoprite, Luanda beskikbaar nie, en wat ons van hier saamvat, kan nie ‘n ton weeg nie!  :wink:

03
Sep
09

Krummels

9 April 2008

Hy het in Spar by die speserye en pastas by my kom staan. ‘n Jong seun, miskien twintig, blond, blou oë.  Netjies, maar armoedig. En eenvoudig.  Dom.  Sal Tannie my asseblief ‘n guns doen?, het hy gevra.  Ek kon moeilikheid voel aankom.  Sal Tannie asseblief vir my en my ma en my babasussie iets kry om te eet?

My eerste instink was om met ‘n verskoning te probeer wegkom, maar die woord babasussie het my teruggehou.  Wat wil julle eet, wou ek weet.  Enigiets, Tannie. Ek het begin by die maklikste. Wil julle pap of rys hê?  Rys, asseblief, Tannie. Oukei, saam met rys eet mens mince. Twee pakkies mince en drie pakkies wors in sy mandjie. Hoe oud is jou babasussie?  Ses maande, Tannie. Vanoggend het ek vir haar tee gemaak, haar melk is klaar. Purity kos, Cerelacpap en SMA in die mandjie.

Tannie, kan ons asseblief sout en peper ook kry? Ek moes vanoggend die laaste pap maak sonder sout. En seep, asseblief, tannie. My ma begin darem more by Pick & Pay werk. My pa het ons mos net sommer gelos. Wil julle brood hê?  Nee, dankie, Tannie, ‘n ander tannie het netnou vir my brood gekoop.

Hy tuur aandagtig na iets by die baba-afdeling. Weggooidoeke. Ek vang die skimp.  Hoeveel weeg jou sussie, wil ek weet. Sy is 7 kilogram, Tannie. Met doeke, kerriepoeier, uie en aartappels saam in die mandjie gaan staan ons by die till. Die groot, grys syfers maak my depressed, maar dan onthou ek dat my kinders gisteraand Debonairs pizza gehad het, teen ‘n derde van die prys.

Toe ek later my eie shopping klaarmaak, wonder ek of hy my vir ‘n ride gevat het.  Ek dink nie so nie; hoekom sou hy so graag babadoeke wou hê?  Maar wie sal weet?  Is daar rêrig blanke mense wat vandag NIKS kos in hul huis het nie?  Ek weet nie.

Toe ek Pietertjie in die bed gaan sit, het ek oor sy ronde koppie gevryf en gebid.  Dankie, Heer, dat my kinders nie hoef te bedel vir kerrie en rys en melk vir ‘n sussie nie.  En AS hul eendag moet bedel, laat daar asseblief iemand wees wat hom of haar oor hulle sal ontferm.




Statistieke

  • 25,284 keer gelees
April 2018
M D W T V S S
« Mar    
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
30  
Advertisements