20
Mar
10

Papegaaihokke en ander koorsdrome

8 Augustus 2009

Boer vra nou die dag, toe ek weer aan’t klae was oor die gemors by die huis, of ek nie in Angola sal wil bly nie.  Ek het gesê ek sal daaroor skryf as ek die dag my eende in ‘n ry het.  Sederdien is dit omtrent al waaraan ek kan dink.  My eende is nie in ‘n ry nie; hierdie gaan maar net ‘n poging wees om weer te gee wat ek dink en voel.  :wink:

Angola is vir my ‘n magical plek.  Ek weet nie of dit is omdat ‘ons’ ‘n geskiedenis daar het nie.  Ek weet net ek is betower.  Dis die enigste plek waar ek op die grond wil lê en die rooi reuk inasem.  Waar ek ‘n boom wil omhels.  Waar ek ‘n klip optel en voel hoe kragtig dit is.  Waar die grote Kwanza tjoepstil verby my vloei, maar ek wéét hy hou een oog, half-oop, op my.

Angola het my gestroop van pretensies.  Vyf jaar gelede was ek ‘n maer modepop met fake highlights in ‘n ewe fake blonde haredos.  Ek was gesonbed, gemanikuur, gepedikuur, egte goud om my nek.  Daar was rooi cutex aan my toonnaels en die nuutste fashion aan my lyf.  Ek het kits-etes by Woolies gekoop en gedink geld maak my happy.  Ek het gegaan met ‘n tas vol hipness.

Omstandighede – nie swaarkry – het my stadig laat verander.  As ek maar net dieselfde mens gebly het, was my lewe nou baie makliker.  Dis wanneer ek by die lughawe gebou uitstap en die  hitte, stof, armoede, bedelaars en vlieë tegemoet gaan, dat ek lewendig voel.  My kop sê vir my een ding – Afrika is ‘n kak plek – en my hart sê vir my ek wil op geen ander plek op aarde wees nie.

In Angola kan ek myself wees.  Net ‘n girl in jeans en cheap crocs en ‘n t-shirt.  Waar die sweet maar kan pêrel op my voorkop en teen my neus en wange afrol.  Net ‘n girl wat brood bak as daar nie brood is nie.  Wat tamaties en mielies saai omdat dit goedkoper is as in Shoprite.  ‘n Girl wat gefassineer staan en kyk na die snaakse gat-aan-gat goggatjies wat daar rondloop.  Wat aandagtig na die tuinboys luister as hulle vertel waarvoor mens aalwyne kan gebruik.  En waar die hoogtepunt van my persoonlike versorging is as ek my swart vingernaels skoon kan kry.

Uiteindelik het ek ‘n mens geword wat wonder of dit moontlik sal wees om jouself aan die lewe te hou sonder insette van Belas Mall of Pavel Supermarket?

In Angola voel ek veilig.  Nie Luanda nie – dis ‘n hool waar die grootste kriminele die polisie is.  In Luanda sal iemand jou handsak of selfoon gryp, maar selfs daar word jou lewe nie bedreig nie.  Dis wanneer mens egter verby Dondo is, dat  jy regtig vry kan asemhaal.  Die mense in die platteland is anders as die mense van Luanda.  Jou wit vel word natuurlik  nuuskierig aangestaar, en natuurlik sal daar ‘n kaalvoet seuntjie wees wat ‘n koeldrank bedel, maar nog nooit het ek enigiets anders as veilig gevoel nie.  Hulle sal jou onbeskaamd aanstaar as jy jou tande borsel, maar dis ‘n klein prys om te betaal vir die wete dat jou lewe vir hulle ook kosbaar is.

In Angola het ek Bruce ‘n mens sien word.  Iemand wat nie omgee om met goedkoop mark-plakkies en ‘n geskeurde t-shirt rond te loop nie.  Wat saam met die village kinders in die bosse gaan loop het op soek na slange.  Saam met my groentetuin gemaak het en vroegoggend opgestaan het om te gaan kyk of sy pampoene al opgekom het.  Wat geduldig by die komplekswag gaan sit het en hom Engels geleer het.  Elke dag.  Wat op ‘n snikhete dag sou afstap mark toe omdat ons uie en suiker nodig gehad het.  En, snaaks genoeg, nie omgegee het dat die ousie die suiker met haar hande opgeskep het voor sy dit  in ‘n plastieksakkie gegooi het nie.  (Angola het nie dieselfde vir Jeannie gedoen nie. Sy is onaangeraak, glad nie ontroer nie.)  :wink:

Ek voel tuis in Angola.  Behalwe vir red tape-frustrasies, en soms ons eie onnoselheid, het die land nog geen skokke vir my ingehou nie.  Net keer op keer verwondering.  Asem-intrek oomblikke.  ‘n Eindelose avontuur.

Maar…na ‘n maand of twee of drie, verlang ek huistoe.  Behalwe na kinders en familie, verlang ek  na my land.  Ek verlang na ons swartmense wat so anders is as die Angolese. Nie beter of slegter nie, net anders.  Ek mis dit om Afrikaans te hoor en te praat.  Ek mis Afrikaanse musiek en ons humor.  Ek mis dae soos vandag, waar hordes mense met Springboktruie rondloop en regmaak vir die groot game.  En ek mis die gevoel dat ‘n plek jou huis is.  Al bly jy in ‘n papegaaihok.  :wink:

20
Mar
10

Jy vir my

Augustus 2009

Jy Vir My

Tekst en Muziek: Stef Bos

Jy het die weg gewys
Jy het my heel gemaak
Jy het my thuis laat kom
Jy het my hart geraak

En waar ek gaan of staan
Ek dra jou in my mee
Jy het my weer laat sing
Jy het my stem gegee

Ek sal nie altyd aan jou kant staan
Maar ek volg jou tot die eind
Al sal die passie ook verby gaan
Toch sal die liefde nie verdwyn

Want jy’s vir my nie jou verlede
Jou sentiment jou Ossewa
Jy’s vir my alleen die toekoms
Jy vir my Suid-Afrika

Ik kwam als een vreemde hier
Lange geleden aan
Jy het met my gepraat
Ek het jou leer verstaan

Ek ken jouw skaduwekant
Ek weet hoe jy kan wees
So Innenemend en geslote
Soms so koud als die weskussee

Maar jy’t my altyd weer ontvang
Met open arms op my gewag
Jy was die uitweg uit die donker
Jy was die daglig na die nag

Jy’s vir my nie jou verlede
Jou sentiment jou Ossewa
Jy’s vir my alleen die toekoms
Jy vir my Suid-Afrika

Dus doe jou grijse mantel uit
Van koude trots en selfverwyt
Want die plek die sy onskuld
Het verlore
Es ook die plek waar die liefde
Word gebore

Jy’s vir my nie jou verlede
Jou sentiment jou Ossewa
Jy’s vir my alleen die toekoms
Jy vir my Suid-Afrika

20
Mar
10

Goeie nuus

7 Augustus 2009

Riaan was vanoggend vir sy scan.

In ‘n week se tyd  het die tumor só gekrimp, dat dit skaars  sigbaar is.  :shock:

Hy gaan Dinsdag weer sy onkoloog sien, en sal dan weet wat die pad vorentoe inhou.  Hulle gaan nog voort met die bestraling, maar almal is baie in hul noppies dat daar so groot verandering is.

Ons is só dankbaar.

Dankie vir almal se gebede.

20
Mar
10

Afgesit

6 Augustus 2009

Lank, lank gelede het ek mos ‘n boerbok-boer vreeslik gelike.  Ag, hy was vir my die mooiste ding op twee bene.  Donker oë, blas vel, swart hare.  En so diep.  Ai.  Ek het die skoot baie hoog deurgehad…tot die dag dat my broer my gevra het of ek al opgelet het dat hy nes ‘n boerbok lag?  :shock:

Nes my boerbok-boer se laggie skielik nie meer so melodieus geklink het nie, het Eelt dit nou suksesvol reggekry om my van…snik…Steve te genees.  Dit kon seker nie ware liefde gewees het nie…  :roll:

Hulle sê mos die gouste manier om oor ‘n man te kom, is ‘n ander man.  :lol:

20
Mar
10

Riaan

5 Agustus 2009

Dit voel soos gister toe ek saam met twee kaalgat boeties in die modder gespeel het, maar dis langer gelede as wat ek graag sal wil hê.  :wink:

Normaalweg is ek nie regtig lief vir ander mense se kinders nie, maar my twee oudste broers se kinders het ek so te sê help grootmaak.  Boonop was ek nader hul ouderdom as hul pa’s s’n.  Dis regtig 3 seuns vir wie ek baie lief is.  Vandag is al drie al getroud – alles behalwe seuns.  Ek was hul tannie, maar hulle het my g’n stuk ge-tannie nie.  Toe ek tiener was, wou ek baie graag ‘tannie’ wees.  Êrens eendag het ons ‘n ooreenkoms aangegaan: as ek die dag kinders het, sal hulle my tannie noem.  Dit was ook so.  Die dag toe Bruce gebore is, het ek verander van ‘Hettie’ na ‘tannie Hettie’.  :lol:

Die twee jongeres het lankal opgehou daarmee, en noem my net Hettie.  Die oudste, Riaan, noem my nog steeds Ta’Hettie.

Riaan. ‘n Liewe, sagte mens, die onskuld vanself.  ‘n Jaar of twee gelede vertel hy my doodernstig van die nag-apie wat hy vasgehou het, “maar ta’Hettie, hy’s nie giftig nie.”  Ek het my agterent geskeur, en dis vandag nog ‘n private joke tussen ons.   :lol: (En nou blaker ek dit hier uit…)

Hy is nou al 27, getroud met Koba, en hulle het drie oulike kindertjies.  Ek kan baie dinge in my kop vir myself uitklaar, maar ek kan nie verstaan hoekom Riaan  – van alle mense – met breinkanker gediagnoseer moes word nie.

Ek het gewik en geweeg om oor hom te skryf.  Sy ma het my op die ou einde oorreed om dit te doen.  Miskien gaan daar nog een of twee skietgebedjies vir hom op – en elkeen help.  :wink:

Van kleintyd af het hy gesukkel met sinusprobleme en erge hoofpyne.  En die neiging om ‘n storie oor en oor te herhaal – wat ons soms ergerlik kon maak.  :oops: Vandag weet ons hoekom.  Dis ‘n tumor wat al jare met hom saamkom.  Dit was eers ‘n paar weke gelede toe hy begin braak het, dat daar ‘n scan gedoen is.  Selfs toe was hy baie ongeërd daaroor.  Vertel vir sy pa dis ’so groot soos ‘n ertjie en hulle gaan dit sommer deur my neus uithaal.’  :shock: My ma bel hom, en al wat hy vir haar kan sê, is “Ouma, ons gaan ‘n babatjie kry!”  (Koba was weer swanger, maar het intussen die baba verloor.)

Twee, drie weke gelede het hy sy bewussyn verloor, oë rollend in hul kaste.  Die tumor veroorsaak dat breinvloeistof nie kan dreineer nie, met gevolglike drukking op die brein.   Hy is Pretoria toe waar ‘n pypie ingesit is wat die vloeistof na sy buik lei.  Maandag het hy begin met dubbelsterkte bestraling.  Hopelik krimp die tumor genoeg dat hulle kan opereer.  Vrydag gaan hy vir nog ‘n skandering om te sien of daar enige verandering is.

Hou saam duimvas?

5852_1207371385541_1266380904_600851_6027669_n 5852_1207371425542_1266380904_600852_519125_n

20
Mar
10

Mr Rock and Roll

4 Augustus 2009

As Lily Allen se Its not fair eers in my kop is…  :evil:

Miskien verjaag Amy MacDonald daai stupid tune.  :wink:

Amy Macdonald – Mr Rock & Roll Lyrics

So called Mr Rock And Roll
Is dancing on his own again
Talking on his phone again
To someone who tells him that his balance is low
He’s got no where to go
He’s on his own again

Rock chick of the century
Is acting like she used to be
Dancing like there’s no one there
Before she never seemed to care
Now she wouldn’t dance
It’s so rock and roll to be alone

And they’ll meet one day
Far way
And say Hey I wish I was something more
And they’ll meet one day
Far away
And say Hey I wish I knew you, I wish I knew you before

Mrs Black and White
She’s never seen a shade of grey
Always something on her mind
Every single day
But now she’s lost her way
And where does she go from here

Mr Multicultural
Sees all that one can see
He’s living proof of someone
Very different to me
But now he wants to be free
Free so he can see

And they’ll meet one day
Far way
And say Hey I wish I was something more
And they’ll meet one day
Far away
And say Hey I wish I knew you, I wish I knew you before

He says I wish I knew you, I wish I met you, when time was
still on my side
She’ll say I wish I knew you, I wish I loved you before I
was his bride

And so they must depart
Too many more a broken heart
But I’ve seen that all before
In TV, books and film and more
And there’s a happy ending
Every single day

And they’ll meet one day
Far way
And say Hey I wish I was something more
And they’ll meet one day
Far away
And say Hey I wish I knew you, I wish I knew you before

20
Mar
10

Ai tog. Die Amerikaners darem.

3 Augustus 2009

Ek is seker daar is WordPressers wat hulle hande saamslaan dat ek met ‘n inskrywinkie oor jaffel-panne vandag stewig in die nommer 1 posisie op die Hit Parade is.  :lol:

Toemaar, ek slaan my eie hande saam.  Ek kon self nie my skielike gewildheid onder die Yanks glo nie, maar het darem agter die kap vannie byl gekom.

Verlede jaar het ek geskryf oor die Miss Landmine Pageant in Angola.  Hierdie jaar word dit in Kambodia (is dit die Afrikaans vir “Cambodia”?) aangebied.  Die regering het ‘n stokkie daarvoor gesteek omdat dit die waardigheid van mense met gebreke skend.  Die stemmery duur egter voort op die internet, en ek neem aan dis waar die arme mense verkeerd gegaan het.  Nie dat ek kla nie.  Het  vandag my vorige rekord gebreek.  :mrgreen:

Terwyl ek besig is met my speurwerk, sien ek ‘n paar interessante soekterme wat nog ‘n paar mense na my gebring het.

benodighede om op ‘n eiland te oorleef: Ek help graag! In volgorde van belangrikheid:

Tandeborsel & tandepasta

Maskara

Lip ice

Sonskerm

En ag, as jy nog plek het, ‘n knipmes.

wat om te doen as jy verlief raak op jou:

boetie?

nefie?

vriendin?

man se vriend?

seun se vriend?

Ek het regtig meer inligting nodig om van hulp te wees…  :lol:

steve hoffeyr klippie in my skoen: Ja, ‘n man word maklik ‘n kippie in ‘n mens se skoen.  Maar nie Steve Hofmeyr nie, nê?