01
Oct
09

Dit was goed, maar dis nou verby

13 November 2008

More vlieg ek, vir alle praktiese doeleindes, huistoe.  Huis is mos maar waar jou hart is, en ek wil nie soppy klink nie, maar my hart is by my wederhelfte.  Ek kan nie glo 6½ maande kon so verbysnel nie.

Oor een ding is ek baie dankbaar, en dit is dat Pieter kleuterskool toe kon gaan.  Ek lees my inskrywings van daardie begintyd, en hy is nie meer daardie bang seuntjie nie.  Hy het so goed aangepas by die skool, en sy ontwikkeling het met rasse skrede vooruit gegaan.  In die oggende ken hy die ritueel:  wakkerword, pappies eet, Mickey Mouse Schoolhouse kyk en dan is dit skool.  Geen gehuil of geklou meer nie.  Dis ‘n riem onder die hart.

Hy het ook begin speel met die maatjies in die kompleks.  Hy sal selde self gaan om by hulle te speel, maar as hulle hom eers kom haal het, dan hardloop hulle oor en weer tussen die huise rond.  Daar is twee maatjies van sy ouderdom: Kyle, en ‘n swart seuntjie, wie se naam ek nou nog nie ken nie.  Die seuntjie is nie baie spraaksaam nie, en ek het weggetrek met Kagiso, toe Tagiso en nou hoor ek Pieter noem hom Tabeto.  Whatever.  Naam maak nie saak nie.  Soos Pieter altyd sê: “the black one”.

“The black one” is eintlik sy beste maatjie.  Hulle gaan na dieselfde skool toe, terwyl Kyle in die Anglikaanse Kerk se kleuterskool is.  Dis vir my baie amusant om te sien hoe hierdie klein boerseuntjie van my die rooitaal gooi.  Vir my ma is dit natuurlik ‘n bitter pil dat haar kleinseun so soutie geword het!  Selfs in Angola het hy Engels bo Afrikaans verkies, en nou met Engelse Kyle en Zulu “Black One”, is dit net Engels.

Dis nogal iets wat ek gaan mis.  Die ander tweetjies bly smiddae ook by die skool, en die gespelery begin eers na 5.  Dis soms al amper 7 uur voor die ma’s begin kinders soek.  In daardie tyd hardloop hulle die hele kompleks rond of ry fietsies.  Amper soos in my jongdae toe mens tot laat nog veilig kon buite wees.

Wat ek verseker nie gaan mis nie, is die buurman skuins oorkant my.  Hy het ‘n baie nice 4×4 met spotlights en die hele toet.  Ek het net erg gegrief geraak as hy my aansê om my kar so na as moontlik aan die muur te parkeer sodat hy sy wa in die garage kan trek.  Ek meen, regitg.  As my bure so snaaks geparkeer is dat ek my kar nie in die garage kan kry nie, dan wag ek tot later en doen dit dan.  Nie die meneer nie.  Daai bakkie is sy heiligdom.  Word kort-kort gewas en gepolish en staan amper nooit buite nie.  En sowaar as vet, vanmiddag sit die knaap en kyk ‘n donnerse movie in sy bakkie, terwyl die in die garage staan.  Natuurlik is die klanksisteem ook uit die boonste rakke, en al kon ek nie sien wat op die kassie aangaan nie, het ek die klankbaan saam met hom gevolg.  Dit het nie lekker met Bruce se Biologie-leerdery afgegaan nie, en ek was net oppad om die man aan die strot te gryp, toe dit genadiglik tot ‘n einde kom.

Nog iets wat ek rerig, erig dankbaar is om te kan groet, is die flippen kakkerlakke.  Dis nou weer kakkerlak-seisoen, en ek het al twee noue ontkomings gehad die afgelope week.  My hart kan dit nie meer hou nie, en dis baie ongerieflik om alewig met ‘n blik Doom rond te loop.

Ek gaan my ou tuintjie nogal mis.  Dit was voorheen so verlepte stukkie gras, maar ek het alles uitgeruk en begin klippies gooi.  My ou tant Wollie het van PE af vir my ‘n hele boks vetplantstiggies gegee, en die goedjies begin nou eers mooi regkom.  My ma het haar ponytail vir my gegee, maar Pieter het hom so mishandel in sy soeke na ‘green food’ vir sy dinosaurs, dat hy nou meer na ‘n punkhead lyk.  Ten minste sal hy nou kans kry om weer bietjie sy lokke te laat groei.  Die projekkie is nog nie klaar nie.  Inspirasie (en geld!) het bietjie opgedroog.  Eintlik wou ek vir Pieter ‘n speelplekkie in die hoek van die tuin maak, maar kon nie lekker dink hoe om dit te doen nie.  So, 75 % van die tuin lyk oukeierig, die res…sal wag tot ek weer terug is.

Ek gaan my ma en twee oudstes baie mis.  Ek gaan Spar en Clicks en Game en Woollies mis.  Vars vrugte en groente.  My hairdresser.  My ou tjorretjie.

Maar ek gee dit alles met ‘n goeie hart op as ek tog net Saterdag my arms om my man kan sit.  (Yep!  Swakkeling, ek!)


0 Responses to “Dit was goed, maar dis nou verby”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: