03
Sep
09

Af vis

23 November 2007

Ek sien Manto het weer wenkbroue laat lig oor haar liefde vir knoffel (vir sy antibakteriele en anti-fungal eienskappe), olyfolie (as ‘n bron vir Vitamienes A en E) en suurlemoene (ryk aan Vit C).

Ek was ‘n pas-klaar-geleerde sustertjie, baie trots op my mooi maroon eppaulette. Baie moeite gedoen met my voorkoms: uniformpie keurig en netjies, hofskoentjies mooi gepoets. Ongelukkig was ek nog te junior om alleen in ‘n saal gelos te word. ‘n Senior suster was altyd saam met my aan diens. Sy het dan ook altyd saalrondte gedoen met die vername chirurge, en die huisdoktertjies vir my gelos.

Maar eendag, eendag, het die geluksgodin vir my geglimlag. Die suster was nie daar toe die vernaamste van die vername dokters daar opdaag nie. ‘n Mooie man met swart krulhare en die blouste blou oe. Ek gryp my boekie om die saalrondte te begin, gretig om hom te wys hoe slim hierdie sustertjie nou eintlik is.

Alles gaan goed. Ons is die ene erns en bekwaamheid. Toe kom ons by ‘n privaatkamer. Dit was in die vroee negentigerjare. Ons het net-net begin om anderskleuriges in ons sale op te neem. (Ook maar begin met Indiers en Kleurlinge!) En omdat ons hulle nie regtig met die blanke pasiente wou laat meng nie, is die privaatkamers ingespan vir ons “segregasie-beleid”.

Die pasient, ‘n Kleurlingman in sy dertigs, was ook een van my eerste HIV-pasiente. Die dag was dit die dokter se moeilike taak om die man mee te deel dat hy HIV positief is. Daar staan ons, ‘n somber tweetal, reg om die man se lewe vir ewig te verander.

Die pasient luister aandagtig na wat die dokter te vertelle het. Toe die dokter klaar is, stoot hy homself met sy elmboe op teen die kussings. Vee oor sy gesig. En se: “Jirre, dok, ek wou mos se daai blikkie vis was af!”



7 Responses to “Af Vis


  1. November 23, 2007 at 1:18 nm

    Hehe, toe ek begin lees toe verstaan ek nie hoe kom die af vis nou in die prentjie nie! Classic! :lol:

    PS. Wonner wat gaan Anne te sê hê oor die ene!

  2. 2 kyker

    November 23, 2007 at 1:23 nm

    Ag tog ja. Patykeer in die lewe is dit ook maar beter dat ons nie verstaan wat besig is om met ons te gebeur nie.

  3. 3 rb

    November 23, 2007 at 1:57 nm

    HAHAHA
    Ja, die onskuld. Wens ons wag ma nog so!!
    Ons moet dalk nog bietjie vis smous??

  4. November 25, 2007 at 3:07 nm

    Wat het jy toe gedoen? Blushing virgin sistertjie wat jy was ;-) en hoe het die dokter dit hanteer?

    NS – Ek weet dis snaaks, maar ek kan nie help om sommer weer kwaad te word vir die rassisme van daai tyd nie…

  5. 5 boendoe

    November 25, 2007 at 4:39 nm

    Ons waardigheid was daarmee heen! Net die ou gegroet en buite gaan lag…

    Ja, mens kan NOU kwaad raak, maar daai tyd moes die ys eers gebreek word. Ons was nie gewoond daaraan om anderskleuriges te verpleeg nie, en blanke pasiente wou nie saam met hulle in dieselfde saal le nie. Onthou, daar het sedert daardie tyd, baie, baie water in die see geloop. There is wisdom in hindsight, maar op daardie oomblik probeer jy cope so goed jy kan. Roer!! Kan jy nie die ou Suid Afrika onthou nie??

  6. November 25, 2007 at 6:17 nm

    Ongelukkig al te goed ou Boendoe. ;-)
    Wat lyk dit vir my dis net ek en jy wat niks het om te doen op ‘n Sondag aand nie.

  7. November 26, 2007 at 10:32 vm

    Hey, mater, jy is skaars vandag? Alles OK?


0 Responses to “Af vis”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: