Archive for Februarie, 2010

27
Feb
10

Skaapsteker vs Wors

22 Julie 2009

My stressvlakke is nou sky high as gevolg van die vreeslike crime wave wat ons land getref het.  Saans bly ek wakker tot 2, 3 uur in die oggend – want ek reken dan sal die meeste skollies van die straat af wees.  Maar dit maak mens baie moeg.  Bedags kan ek nie my oë oophou nie.  Êrens het ek gelees mens moet iets daadwerkliks doen aan jou situasie, en dis wat ek gaan doen. Ek meen, diesel hou ook net so lank in water, dan nie?

As mens so bietjie begin kyk na jou opsies, dan raak dit baie moeilik om te besluit.  Soos in my geval nou.  Op seker dieselfde plek, het ek gelees dat ‘n kefferbrakkie ‘n goeie afskrikmiddel is.  My ma se worshond, Anna, kwalifiseer as ‘n kefferbrak.  Sy sit ‘n vreeslike keel op vir enige ding wat leef of beef.

Anna was eers ‘n Ingelse hondjie, genaamd Angie.  My moeder het haar oorgeneem en die hond summier herdoop na Anna.  Vandag verstaan Anna geen woord Rooitaal meer nie.  ‘n Goeie, stoere Boerebrak.  Maar Anna is ook ‘n vieslike klein rassis.   Ek dink dit is sommer net in haar gene, want niemand het haar die onderskeid tussen mense geleer nie.  Nou, my ma is ook baie besorg oor haar nasate, en het aangebied dat ons Anna kan oorneem.  Alles goed en wel, maar Anna is besonder lawaaierig.  Verder skuie sy soms in die huis.  En die alewige ‘walkies’ irriteer die wille waks uit my uit.  Hondehare oral op die banke is ook nie baie aantreklik nie.

‘n Ander opsie wat Andrew so gaaf was om onder my aandag te bring, is ‘n slang.  Nie sommer enige slang nie, mind you. ‘n Skaapstekertjie.  Mense mag dit dalk bevraagteken, maar na my intensiewe navorsing oor die Skaapsteker, is ek sommer baie beïndruk met die slangetjie.

‘n Skaapstekertjie is aggressiewe klein slangetjie, en dis wat mens soek.  Verder kan mens hom seker arrogant ook noem, hy meng nie sommer met enige hierjy en sy maat nie.  Wat ook ideaal is.  Anders as Anna, wat ‘n sekere deel van die bevolking sonder ‘n blaf sal toelaat, is die Skaapsteker meer puntenerig.  Geen onderskeid tussen mense word getref nie.  Al iAfrika se boorlinge is ewe ongewild.

Wat die klein Skaapsteker egter so uniek maak, is die feit dat hy baie veelsydig is.  Mens kan hom glo tot baie ingewikkelde goed aanleer.  My jinne.  Ek sien al in my geestesoog hoe my klein Skaapsteker hom saans op die rusbank tuismaak met die tv-remote langs hom.  Met die punt van die stert kan hy skuif van CNN, na Sky News, na E-tv en so op hoogte bly van die vreeslikheid wat in ons wêreld aangaan.  (Nota aan self:  ek moet hom net nie die reiskanale leer nie.  Netnou loop soek hy ‘n plek wat rustiger is.)  Later kan ek hom selfs leer om rondom middernag die nuwe misdaadstatistieke op die Beeld te gaan lees.

Die enigste minder goeie eienskap van die Skaapsteker, is dat hy eintlik nie daarvan hou om alleen te operate nie.  Nee, hy hou van ‘n side-kick.  Dalk net ‘n titseltjie korter as hy, maar met net soveel spunk.  As die een se moed en spoed opraak, vat die ander een oor.  En as die battle dalk te erg raak vir een, kan die ander een ook inspring en hom ondersteun.

Gelukkig het ek nie livestock nie, want nog ‘n aardige gewoonte van die Skaapsteker is om enige ding met ‘n tiet te bespring en te suie dat die melk skuim in sy mondhoeke.  Maar, wie weet.  As die dingetjie regtig so goed en slim is, sal ek dalk vir hom ‘n bok-ooi aanskaf.  Die een hand was mos die ander hand. Of so iets.

As gevolg van hulle intelligensie, is die  Skaapstekers vreeslik gewild oorsee.  Almal wil ‘n klein Skaapsteker hê.  Mens kan dus nie net die Karoo binnevaar en vir jou een vang nie.  Nee, genade.  Die situasie is nou al so erg dat as jy regtig ‘n Skaapsteker wil hê, jy hom basies van oorsee af moet invoer.  Verskriklike skande, as jy my vra.  Die grootste konsentrasie Skaapstekers vandag is nie meer in Suid-Afrika nie, maar in Perth en omgewing.

So, hier sit ek nou.  Besluite, besluite.  ‘n Kort, dik worshond, of  ‘n lang  slang?

Advertisements
27
Feb
10

Jou Skaduwee

22 Julie 2009

Ek en my beloved het uiteindelik weer kontak.  Hy was vir twee dae internet- en selfoonnetwerkloos.  Ag, ek verlang my vrek.  :wink:

Ek is nie juis ‘n Juanita fan nie, maar hierdie liedjie laat my verlang.  Ons het eenkeer daarna geluister – ek onthou dit so goed – oppad van Namibe terug Lubango toe.  En dis een van die songs wat die kroegvlieë altyd oor en oor luister.  Ek mis hulle sommer ook!

26
Feb
10

Kalwerliefde x 2

22 Julie 2009

Die dag toe die skole gesluit het, kon ek sien hier kom huismoles.  Jeannie het soos ‘n yskoue wind by die huis ingewaai en sommer met die intrapslag ons almal ‘n kop korter gemaak.  Ek het sover moontlik op my tande gekners; die girl was darem besig om ‘n liefdesteleurstelling te verwerk.  Die eerste week van die vakansie was nie plesierig nie.  Soggens het sy met pof-ogies opgestaan, kos gevat en terug kamer toe gegaan.  As sy met iemand gepraat het, was dit gewoonlik nie baie liefdevol nie.

In week twee het dinge verander.  Sy het eendag met ‘n huppel in haar stap en blos op die wange by my kom sit.  Die Ex-Boyfriend het vir haar ‘n sms gestuur! O, wou ek weet, wat het hy gesê?  Nee, hy was besig om ‘n muffin te eet, en toe dink hy aan haar.  “Maar Ma, wat moet ek vir hom sê?”  Ek was so bly sy het my raad gevra…hier volg die verkorte weergawe:

Dis ‘n mite dat die man die “jagter” is.  Die meisie/vrou is die jagter.  Sý  besluit watter vis innie see sy wil hê, en dan begin sy hom inkatrol.  Die kuns is om die man te laat dink hy is die jagter.  :wink:

“Genuine, Ma?”  Baie ongelowig.

“Genuine, Jeannie.”  Gerusstellend.

“So, ek moet hom eerder nie antwoord nie?”

“Jip.”

Soos die dae verby gegaan het, het sy nie weer van hom gehoor nie.  Sy het later verwytende aanmerkings in my rigting gegooi, maar ek het my doof gehou.  Twee dae voor die skole weer begin het, kom sy by die huis ingewarrel ná ‘n oorslaapsessie by haar niggie.  “Ma! Ma sal só trots op my wees!  X wil my terug hê, maar ek het hom sommer in sy maai  gestuur.”

My battery was bietjie pap.  Ek dog sy wou hom so graag weer terugwen?  :shock: In elk geval, dit was ‘n sterretjie in my boek vir goeie moederlike advies.

Vanaand het Bruce probleme met sy girl opgetel.  Hulle is vandag 11 maande “saam”.  Die meisie wou hê dat hy saam met haar en haar ouers gaan uiteet.  Hy was nie baie begeesterd nie, en het verskoning gemaak.  (My ma wil nie dat ek gaan nie, so ewe.)  Dit was die begin van ‘n fight wat tot nou toe aangehou het.  (Amper middernag)  “Ma, sy is te TE.”  Ek moes lag.  Het hom vertel van my raad aan Jeannie – en my teorie oor wie die eintlike ‘jagter’ is.  Hy het my oopmond aangestaar…en toe saamgestem.  Die arme meisie se probleem is dat die ma net so hard saamvry.  Hy is nog op skool, en hy voel klaar die strop om sy nek.  :lol:

Dis tye soos hierdie dat ek reken ek is glad nie so power ma nie.  Eintlik bloomin’  oulik.  :mrgreen:

26
Feb
10

Toe

21 Julie 2009

Nee, ek gee op.  My kop is so toe soos ‘n klei-os se gat.

obj603geo429pg25p10

Ek gaan bietjie inspirasie soek.  :wink:

26
Feb
10

Treinstasie-verrassing

19 Julie 2009

Ek kry ‘n mail van my skoonsus in België:

Vir bietjie agtergrond – hier is tans ‘n soort van kompetisie aan die gang om iemand te soek wat die rol van “Maria” (Julie Andrews) kan vertolk in ‘n plaaslike “musical” van “The Sound of Music”.  Hierdie is waarskynlik ‘n reklame daarvoor

It happened  in the Central Train Station of Antwerp, Belgium…

25
Feb
10

Bloekomboom

18 Julie 2009

25
Feb
10

‘n Piece of orraait

17 Julie 2009

Guilty as charged.  Die man maak my knieë lam.  :wink:

Hoop julle het die beste naweek ooit – natuurlik vol van Demoerin se SOGS.    :mrgreen: