20
Mar
10

Wanneer bars mens die bubble?

2 Augustus 2009

In plaas van slimmer  soos ek ouer word, word ek wragtig net dommer.  Met ouerskap, meer spesifiek.  Of dalk is dit net omdat Pieter so jiltemal anners is as die twee oudstes.

Bruce het goed soos Kersvader en die Tandemuis in sy stride gevat.  Daaraan geglo, en eendag seker besef dit bestaan nie meer nie.  Geen trane, geen trauma.  Jeannie het van kleins af alles met ‘n knippie sout gevat.  Toe dit tyd word om haar eerste tand vir die Tandemuis te offer, het sy my uitgelag.  Eintlik het ek gedink daar is iets fout met die kind.  Is alle kinders nie veronderstel om aan fiktiewe karaktertjies te glo nie??  Ek het ‘n spesiale tand-kussinkie vir haar gekoop.  Baie fraai: pienk met ‘n mooi blommetjie-sakkie virrie tand.  Daardie aand het ek die tand in die sakkie gedeposit, en onder haar bed gaan sit.  Toe ek later kom om die R5 te ruil vir die tand, was die kussinkie weg.  Die klein merrieperd het die kussing by haar winters-slaapbroek ingedruk. Ek moes so stil soos die Gemaskerde Skim die komberse oplig, saggies my arm by haar broek indruk en êrens by haar knieë het ek die kussing gekry.  En toe ek die ruiltransaksie afgehandel het, moes ek die hele prosedure herhaal.  Sonder sukses.  Die volgende oggend was sy in haar skik oor die R5, maar het sonder twyfel geweet ék is die Tandemuis.

Pieter – dis ‘n ander kalant.  Hy glo onvoorwaardelik aan al sy helde.  Sy maatjie, Kyle, is ‘n koel komkommer en baie realisties.  Een vir een pop hy al Pieter se bubbeltjies.  Nou die dag kom hulle ingehardloop, Pieter voor.  Hy is in trane, vat my gesig in sy twee vuil handjies vas en sê:  “Ma, please tell me that Little Foot is not dead?!”  Nou staan Kyle daar en chirp:  “No, Pieter, the dinosaurs are extinct.”  Wat moes ek sê?  Ek kon nie blatant vir Kyle lieg nie, sy ouers het hom mos nou mooi geleer, maar ek wou Pieter se hart nie breek nie.  “Welllll, some dinosaurs are still alive…”  Dis mos nie heeltemal ‘n leuen nie?  En vir al wat ons weet, is Little Foot een van die oorlewendes…  :roll:

Vanoggend stry hy en Kyle oor Peter Pan.  Pieter het net gister ‘n ‘green suit and a hat with a feather’ gevra, vas oortuig dat hy Peter Pan is.  En dat ons twee na Neverland gaan vlieg, waar hy my gaan verander in Tinkerbell.  Kyle, met hope siniese wysheid, het hom weer gecrush:  “No, Pieter, Peter Pan doesn’t really exist.”  Arme Pieter.  Kyle het  nie daar gestop nie.  Pieter se swaard (’n stomp mes) is ‘net’  ’n mes.  ‘n Swaard is lank en groot.  Het ek al gesê “Arme Pieter?”

POP! goes another bubble.


0 Responses to “Wanneer bars mens die bubble?”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: