20
Mar
10

Nog steeds ‘n boerin

28 Julie 2009

FT

Ek boer nou net so af en toe by Farmtown, maar ek doen nie veel op my plasie nie.  Die waterval staan nog steeds halfklaar en dreig om my landerye te oorstroom, en my blomme sou al lankal gevrek het as een of ander samaritaan nie natgegooi het nie.  Nee, as ek ‘boer’, gaan ek mark toe.  Dís nou ‘n interessante plek!

farm3

Ek luv dit om net so stil te staan en kyk wat die mense alles kwytraak.  Eenkeer het ‘n boer en boerin amper teen mekaar gestaan.  Skielik begin sy met hom praat.

“U’re very short, u know.”

“Yeah, I’m vertically challenged.”  Ek giggel so by myselwers.

Daar is ‘n rukkie stilte, en dan begin sy weer.  “And my head is also bigger than yours.”  Nou lag ek regtig.  Kort voor lank vra die een waar die ander een bly, en toevallig is dit ook nie ver uitmekaar nie. (Êrens in die US of A)  Hy vertel hy het onlangs getrek na dorpie X.

“Oh, my husband’s got a lakehouse there.”

So oor die kuberruim kon ek die skielike kilte voel.  Hy bly net stil.

Sy probeer weer:  “Well, not really my husband.  My boyfriend.”

Sekondes later is hy weg.  Ai.  En ek het gehoop dit was die geboorte van ‘n internetromanse wat ek dopgehou het.

Is ek die enigste een wat grensloos geïrriteerd is met die “Texas Gal”  en “Aussie Hotpants”?  Ek het nou al so gly gevang in enige avatar wat iets “Texas” of “Aussie” is.  Hulle is die windgatse, lawaaierigste klomp op die mark.  As ek hulle op die mark vang, verkas ek na die volgende een.  Niemand kry tog ‘n woord in as die poppies so heen en weer prance nie.  Maar nou die dag huur ‘n regte dame van West Virginia my.  Dierbaarheid vanself.  Laat my alleen die pynappels en pampoene oes, en huur my agterna vir ploeg.  Om die kersie op die koek te sit, roep sy agterna haar seun, Buddy, om my ook vir sy plaas te huur.  Sy volg my na sy plaas en ons begin gesels.  Die resessie het hulle sleg gevang.  Haar man het in April laas gewerk, en hulle is op die punt om hul huis te verloor.  Vir die eerste keer het ek besef daar is regtig mense agter die immer-glimlaggende mannetjies en vroutjies.

Farmtown sorg regtig vir pret.  Nou die dag het ek ‘n klomp slawe gaan huur om my raspberries te oes.  My man was ook daar, maar ons het net gesit en koer vir mekaar – natuurlik in Afrikaans.  Die volgende oomblik chirp een van die oesers in met “Dis lekker om te sien hier is ook ‘n paar Boere.”  Eish.  Ek het nie geweet waar om my kop in te druk nie.

‘n Ander keer volg ‘n klein Fillistyn Fillipyn my van die mark plaastoe.  Ander kere druk ek sommer die “ignore”-knoppie, maar ek was in een van my vriendelike buie, en groet hom.  Hy “hi” toe ook maar, maar staan verder met sy bek vol tande.  Ek gaan aan met my saaiery, en skielik begin die outjie chat.  Vanwaar is ek?  Hoe laat is dit nou hier?  Ek antwoord maar ordentlik, maar toe hy vir my sê “i’m 22. how old r u?”, toe voel ek koue rillings teen my rug afloop.  “62″, seg ek ewe prim en proper.  Daar was ‘n rukkie stilte, en toe maak hy sy retreat.  “ok. i must go now.  bedtime here”  Hahahaha!!  Nie lus gewees vir ‘n stokou antie nie!

Mens kry ook die peste met beter bedside manners.  ‘n (Blêddie) Aussie huur my ook op ‘n kol.  Die praatjies begin  vinnig.  Vanwaar is ek?  SA, en jy?  Australia.  Grrrr, sê ek vir hom.  Ons is eintlik aartsvyande.  Bwhahaha, lag hy.  Ek moenie worry nie, sy girlfriend is ook ‘n Suid-Afrikaner.  (So asof dit my sal laat beter voel, maar nou ja.)  Volgende wil hy weet wat my naam is.  Ek slaan weer in ‘n koue sweet uit, maar vertel hom maar.  En hoe oud is ek?  Toe vererg ek my en vertel hom mooi mens vra nie ‘n dame haar ouderdom nie.  Hy lag weer uitbundig.  Daardie reël geld glo nie as mens nie face to face is nie. Gelukkig het die server my kort daarna afgeskop.

Die snaakste is wanneer die mense dink hier loop regtig leeus en goed rond.  Ek probeer my bes om hulle bietjie op te voed, maar partykeer is alles teen my.  Soos vanoggend toe ek bietjie gaan xp’s soek het.  ‘n Gawe girl huur my om te ploeg, en dis ‘n gróót plaas.  Ek kan al sien hoe level 32 naderkom.  Skielik sien ek die boom (by my rêrige voordeur) is vol van die blêddie blou-ape.  Die skuifdeur staan oop.  Die vensters is oop.  Ek raak erg benoud.  Moet ek verskoning maak en ape gaan verjaag – en my werk verloor- of moet ek aangaan en later met die nagevolge sit?

Common sense het prevail.  Ek het die deure en vensters gaan toemaak.  Ek wonder net wat haar reaksie was op my verskoning?

“Sorry, but I have to go and chase the monkeys.”


0 Responses to “Nog steeds ‘n boerin”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: