20
Mar
10

Hofnar

26 Julie 2009

Ja toe.  Ek IS die blêrrie hofnar.  :wink:

Nie eens van daais wat lag met ‘n traan nie.  Ek hóú van simpel wees. (Al beleef ek af en toe ‘n donker dag.)  Ek het nie pyne om my foute en flaters nóg groter op te blaas nie – solank iemand daaroor sal smile.  Gekskeer, draaksteek, terg – dis ek.  Ook met myself.  Veral met myself. En ek glo die oumense as hulle sê mens trek net iemand se been omdat jy van hom hou.  So, maak maar grappies oor my – ek voel die liefde!  :mrgreen:

As iemand my loskop storietjies  gebruik om te bewys dat ek ‘n simpleton is, voel dit effe soos ‘n mes innie rug.  Ook maar hipersensitief, het ek ‘n klomp van my possies gaan delete – net om nie los ammunisie te laat rondlê  nie.  Ek skop myself nou daaroor.  So what as iemand laf genoeg is om my griffels te gebruik om my IK of integriteit te bepaal?  Maar hei, vir die wat wonder, ek dink nie ek het myself al ooit as die skerpste mes innie laai voorgedoen nie? Hê?   :roll:

Ek sê altyd vir my telgies:  maak nie saak wat met mens gebeur nie, solank mens net ‘n lessie daaruit leer.  Ek hét ‘n lessie geleer die afgelope paar dae.  Ek gaan nie meer so wyd rondloop nie.  Meer by ’my soort’ hou.  Ek gaan probeer om ‘n wag voor my mond te sit.  Wat ek  as onskuldige pret beskou, is dalk nie so onskuldig vir iemand anders nie.

So, ja.  Ek is bietjie innie bek geruk.  My ou brose hartjie het bietjie van ‘n knou weg.  :oops:

But the show must go on.  :lol:

Of hoe, Eeltjie?  :wink:


0 Responses to “Hofnar”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: