20
Mar
10

Belydenis

1 Augustus 2009

Vanoggend gaan staan ek, baie ingedagte, in die ry by Spar.  Toe ek kyk, sien ek dat ek mooitjies agter my swaer gaan staan het.  As ek enigsins by my positiewe was, sou ek in ‘n ander ry gaan staan het.  Natuurlik het hy my raakgesien, en natuurlik het ons gekoeitjie en gekalfie.  Wel wetend dat nie een van ons dit bedoel het toe ons mekaar ‘n lekker naweek toewens en groet nie.

Ek het nie baie liefde vir my swaer nie.  Hy is nie ‘n slegte ou nie, maar…  Ons het ‘n geskiedenis van baie jare gelede.  Dit sal nooit reggepraat kan word nie.  Eintlik wil ek dit ook nie reg hê nie.  Dit pas my om hom net een of twee keer ‘n jaar te sien, al bly ons in dieselfde dorp.  As my man kom kuier, nooi ons hom vir ete en gesels asof daar nie fout is nie.  Vir my is dit genoeg.

Ek en my een broer praat ook nie.  Vir seker twee jaar al.  Ek haat hom nie, is ook nie kwaad vir hom nie.  Voel net niks.  Hy is tien jaar ouer as ek, en my hele lewe lank het ek hom aanbid.  Elke woord geglo wat hy gesê het.  Toe kry ek my verstand.  Hy is ook nie ‘n slegte ou nie.  Hy is ‘n goeie man en pa en ‘n upstanding citizen in sy gemeenskap.  Hy add net nie value tot my lewe nie.  Hy het my ‘n paar keer al probeer bel, maar ek het net altyd die foon doodgedruk.  Vir lank het ek geglo bloed is dikker as water.  Familiebande moet ten alle koste behou word.  Nie meer nie.  My sielerus is meer belangrik.

My pa was ‘n bliksem en het verseker nie al sy varkies op hok gehad nie, maar dis een ding wat ek by hom geleer het.  As iemand jou nie gelukkig maak nie, of omkrap en  kwaadmaak, maak of hulle nie bestaan nie.  Dis nou nie asof ek ‘n hele klomp mense het wat ek ignoreer nie, darem ’net’ my swaer en broer.  En dit was eers na baie probeer en praat en oorsien.

Ja,  nie baie Christelik nie.  Ek het dit net nie in my om ‘dinge reg te maak’ nie.  Want ek wil eenvoudig nie.  Ek troos myself daaraan dat ek hulle nie kwaad toewens of haat nie.  Daar is slegs ‘n groot nothingness in my hart as ek aan hulle dink.

Dalk kry ek eendag my verdiende loon hiervoor.  :wink:


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: