20
Mar
10

Anna

30 Julie 2009

Anna, die worshond, bly nou by ons.  Ja, ek het maar op haar besluit in plaas van ‘n tweegat skaapsteker.  :lol: Grappie.  Pieter het by Ouma geneul en geneul hy soek haar ‘puppy’, en Ouma sê min kere ‘nee’ vir haar kleinseun.  Dis natuurlik nie ‘n permanente reëling nie.  Sodra ons Angola toe gaan, kry Ouma haar hondjie terug.

Gelukkig is Anna by ons net so tuis as by Ouma.  Ons kyk genoeg na haar as haar Ounooi rondrits.  Maar die hond wat pal in die huis is, gaan my nog teen die mure uitdryf.  Ek is nie ‘n hond-mens nie, maar die hond is ‘n vroumens-hond.  Al loop my hart nie juis oor van liefde vir haar nie, kan ek ook nie ‘n asempie wat so smeek vir aandag, ignoreer nie.  Sy het haar mandjie waarin sy slaap, maar as die mandjie in my omgewing is nie, lê sy nie in hom nie.  As ek loop, volg sy my.  As ek sit – en die mandjie is nie naby nie – kom lê sy op my voete.  By Ouma is banke off-limits.  By my  het sy agtergekom, nes die kinders, dat dissipline nie baie konsekwent toegepas word nie.   As ek saans voor die tv lê, spring sy soos ‘n madam op en kruip onder die kombers in, styf teen my bene.  (Hmm.  Eintlik is dit lekker. So snoesige  klein warmwaterbotteltjie.)

Sy verdra Pieter, maar sy hou nie van kinders nie.  As Pieter se twee trawante kom speel, is hier chaos.  Dis wanneer ek maar êrens gaan lê en lees of tv kyk.  Net sodat sy onder die kombers kan wees en die kinders nie sien nie.  Dit stop haar egter nie om kort-kort te grom nie.  Nie dat sy hulle sal byt nie, maar hulle wil met haar speel en dis duidelik sy hou niks daarvan nie.  En ‘n rassis is sy verseker.  Klein (wit) Kyle kan instap en Anna sal niks doen nie.  Laat arme (swart) Thabiso sy voete oor die drumpel sit…  :shock: En van al die kinders is hy die stilste.

Ek hou alreeds nie daarvan om my kinders kos te gee nie, nou moet ek nog ‘n mental note maak om seker te maak sy het kos en water.  Om haar gereeld ‘n draai te laat stap.  En die ewige ‘walkies’…   :evil: Pieter wil net met haar gaan stap, en sy is so klein vetgat, dis seker goed vir haar.  Maar dis ‘n marteling.  Sy hou ook daarvan – op ‘n manier – maar na ‘n ruk is al die karre en mense vir haar te veel.  Dis wanneer sy summier omspring en met spoed terug huistoe jaag.  Maak nie saak hóé sy haarself wurg aan die leiband nie, sy sleepons huistoe.  Nou die dag het sy losgeruk, en reguit straat toe gehardloop.  Mens kan jouself ook  vergat ter wille van hond en kind se welstand.  Ek het soos ‘n mal ding agter haar aangehol, maar sy was te vinnig.  Op die ou einde het ek op die leiband, wat agter haar aangesleep het, gespring.  Dit het haar gestop in haar spore, maar seker die verbygaande motoriste ook iets gegee om oor te lag.

Ons paspoorte is ingestuur vir visums.  Hemel, en nou hoor ek dit neem 25 dae.  Dis ek en die hond vir nog ‘n maand… :roll:

Anna en baba Pieter, een hetige dag

Anna en baba Pieter, een hetige dag


0 Responses to “Anna”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: