20
Mar
10

A wish for something more

Julie 2009

‘n Oomblik of twee gelede het ek myself tog weer lekker jammer gekry.  Gelukkig het Nikita en haar babies my weer op koers gekry.  :wink:

Danksy my kindertjies het ek ook vir Amy MacDonald leer ken.  Jis, ek vrek oor hierdie girl.  Een van die goeie dae gaan my bandwydte poegaai wees, want ek luister na alles wat ek kan van haar.

Oor ‘n paar daggies is dit my huweliksherdenking.  Wel, my en my man s’n.  (As ons nou net eens en vir altyd kan vasstel presies watter dag dit is.)   Jaaaaa…ek het ook so dag, het nie vir altyd in sonde saamgeleef nie.  :mrgreen:

Hierdie song van Amy laat my weer terugdink aan daai dae toe ek hom so graag wou hê, maar nie eintlik kon nie.  Dis vandag nog vir my ongelooflik dat ek aan hom mag vat net wanneer ek wil.  Myne.

My wense destyds  het  waar geword, en dis beter as wat ek gedink het dit gaan wees.


0 Responses to “A wish for something more”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: