24
Feb
10

Duiwelsgoeters

14 Julie 2009

Vroeër vanaand kon ek Pieter nie gou genoeg in die bed kry om te begin met my posting nie.  In my kop het ek die hele storie klaar geskryf gehad. Toe ek uiteindelik rus en vrede om my gehad het, het ek begin blogs lees.  Doom en gloom en introspeksie en goed heeltemal te diep vir my.  Die Beeld het ook nie veel gehelp nie.  Selle ou storie: moord, korrupsie, verkragting, rassisme.  Nie ‘n spikkeltjie lig aan die einde van die tonnel nie.  Die lus om te skryf het skoon verdamp. My blogstats het darem vir ‘n laggie of twee gesorg:  koue vrou, feetjie prentjies (nê?!), vriesend briesend koud, kort skoon afrikaanse grappies, playboy (I wish) en…boerbok kraal.  Nou ja, ek het ‘n oorvol gekry op ‘n ander simpel blog – waarheen ek nie gaan link nie   :mrgreen: – en genoeg oor bokke om my ou wrewel teenoor Bom Jesus se village bokke weer wakker te maak.

Toe ek begin blog het, was my naam amper sinoniem met boerbokke.  Dellie het selfs met haar koekverkoping vir my ‘n boerbok-koek gebak!  (Ou bloggers kan gerus weer daarna gaan kyk – dit was vet pret!)  Dit het alles begin toe ek Angola toe is en met groot spoed en moed groentetuine vir Afrika begin aanlê het.  Alles het pragtig gegaan, maar die enigste dr&l in die drinkwater was die verdomde village bokke wat alewig ‘n manier gekry het om by die kompleks in te sluip.  Die gevolge was katastrofies vir my groentekies.  En vir my bloeddruk.  Om die kersie op die koek te sit, was niemand, behalwe ek, gepla oor die bokke nie.  Dit was dus ‘n daaglikse storie om soos ‘n viswyf op spirits agter die bokke aan te hol en by die hekke uit te kry.  Fnok!  Dit het drie jaar gevat om die sekuriteitswagte te leer om die blêrrie hekke oop te maak as ek met die trop blêrende bokke daar aankom.  En dan was daar die kompleks-ousie wat soos ‘n bok kon blêr.  Sodra ek buite gekom het, het sy begin en haarself natuurlik besimpeld gelag as ek soos ‘n besetene begin bok soek het.  Maar ek het haar darem eendag uitgevang.  :wink:

Onder my bekwame leiding het ons vandag die kompleks bok-proof.  Nou nie op die mees aanskoulikste manier nie, maar shade-netting kan vir meer as een ding aangewend word, glo my.  Verlede jaar kry die groot-grootbaas in Luanda ‘n bok, van alle dinge, as geskenk.  Ek was skoon geskok toe die deurklokkie een oggend lui en die drywer daar staan met ‘n bok aan ‘n tou.  Die baas het nie plek vir die bok in die stad nie, en hy moet  by ons in die kompleks kom bly.  WTF!!  Die tuinboys het gesien my einde kom vinnig nader, en het die bok onder ‘n boom gaan vasmaak.  Maar die bok het swaargekry.  Die tou was nie vreeslik lank nie, en hy het homself gekoek en geknoop en moedeloos gemaak.   ‘n Aand of wat later, het die mans hom met blou verf  ‘n merk oppie boud gegee en by die hek uitgejaag om die village bokke te gaan ontmoet.  As die grootbaas sy bok wou hê, moes hy maar die een met die blou boud kom soek het.  Eh…nee, ek speel sommer.  Ons het vir hom gesê ons het ‘n goeie huis vir die bok gekry – en hy dit geglo.

Wat ek eintlik wou sê.  Eendag het die bokke my weer besonder omgekrap.  Ek is reguit internet toe om raad te soek oor hoe om vir eens en vir altyd van die bokke ontslae te raak.  Ek sal nie verbaas wees dat ek iets soos “how to kill goats” ge-Google het nie.  Ek kom toe op ‘n wonderlike site af.  Sweerlik net vir my gemaak.  The Childhood Goat Trauma Foundation. Ek weet nog steeds nie hoe om van bokke ontslae te raak nie, maar ek het bevestiging gekry dat hulle evil, evil goed is.

Mens mag nie eintlik sonder hulle expressed written permission goed spoeg en plak nie, maar ek vat maar ‘n kansie.  Onder DON’T BE A VICTIM sê hulle die volgende:

  • Never, under any circumstances, turn your back on a goat. This is Rule Number One of Goat Trauma Avoidance.
  • Avoid petting zoos. The majority of goat traumas occurring each year take place at petting zoos.
  • Stay alert. Goats are deceitful and can hide just about anywhere.
  • Stay in civilized areas. While there have been reports of roaming urban goats, most attacks by loose goats take place in less populated areas.
  • Be suspicious of all farm animals. While other animals such as sheep, cows and horses are not by any means the violent creatures that goats are, goats frequently lurk within a herd, waiting to take advantage of peoples’ trust in such animals.There have been some reports of goats avoiding the presence of certain breeds of dogs, but the Foundation has yet to test this theory.
  • If you must be in an area where goats are present, stay away from the younger goats. Older goats can be slower, allowing you more time to escape.
  • Wearing earth tones in goat-infested areas may offer some protection from goat attack, due their camoflaging abilities.
  • Goats have learned to climb trees and drop down onto unsuspecting people. Be especially aware in any treed, goat-infested areas.

Ja’k.  Vieslik verby.  :evil:


0 Responses to “Duiwelsgoeters”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: