14
Feb
10

Dis maklik om ‘n muis te wees

9 Julie 2009

Oor die jare was daar nie juis bohaai oor Naas en sy buite-egtlike seun gemaak nie.  Dit verbaas my eintlik, want in my boekie is sy ’sonde’ erger as Joost en Steve s’n.  Ek kry die gevoel dat ek in die minderheid is, meeste mense stem saam dat sy seun en dié se ma, niks meer as geldwolwe is wat arme ou Naas wil uitmergel oor hy ‘bekend’ is.

Naas het blykbaar onderhoud betaal tot die kind 18 jaar was.  Daarmee het hy erken dat hy die biologiese pa is, maar hy wou geen kontak met die seun hê nie.  Lekker om ‘n man te wees.  In ‘n jagse nag verwek hy en ‘n wildvreemde vrou ‘n kind.  Naas kon sy broek optrek, sy tjekboek uithaal en sy rug op alles draai.  Die vrou, met al haar foute, moet vir nege maande swanger wees.  Dan moet sy kraam.  Om die kersie op die koek te sit, moet sy alleen die kind grootmaak vir die volgende 20 jaar.

Ekself ken nie mense wat ‘n heldeverering vir Naas het nie, maar daar moet sekerlik sulke mense wees.  Veral in Blou Bulland.  Ons bly in ‘n rugby-mal land.  Hoe moet dit voel om ‘n seunskind te wees en te wéét jou pa is een van die helde in Suid Afrikaanse rugby – maar van jou wil hy niks weet nie?

Ek weet nie hoe Naas met homself saamlewe nie.  Hoe hy sy besluit regverdig nie.  Dink hy regtig geld is genoeg?  Ouerskap behels baie meer as net kos en klere en huisvesting, maar dit moet Naas reeds weet.  Hy het mos sy ‘regular’ gesinnetjie.

My hart kry seer elke keer as ek van Naas en sy seun in die koerante lees.  Ek het self twee seuns.  Ek weet nie hoe troos mens ‘n kind as sy pa hom telkens blatant verwerp nie.  Daardie moet ‘n seerplek wees wat baie, baie tyd nodig het om gesond te word.  Ás dit ooit gesond word.

Vergeet van tee-gooiery en affairs en video’s met stukkende onderbroeke en poeier-snuiwery.  Daar is bekendes wat laer daal as dit.  Baie laer.


0 Responses to “Dis maklik om ‘n muis te wees”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: