13
Feb
10

Oppie job

1 Julie 2009

Dankie vir die kommentare.  Ek sal more of oormore antwoord – maar nou is ek vaktap en my voete brand soos kole vuur.  :wink:

Eintlik kan ek nie te veel kla nie.  Die girls was bly om my weer te sien, die dokters was bly om my weer te sien, en ek is gepamper en mooi opgepas.  Nogtans het ek soos ‘n totale idioot gevoel.  Was ek ‘n totale idioot. :lol:

Dit klink of ek oordryf, maar ons was besig – aanvanklik 5 babas gehad, maar later die middag nog twee opgeneem.  As mens in ag neem dat die eenheid eintlik net 4 babas kan huisves, kan julle imagine hoe beknop dit was.  En met nie genoeg suurstofpunte vir al 7 nie, raak dit ‘n geval van “‘n boer maak ‘n plan”.  ‘n Plan wat gewerk het, maar dit het baie rompslomp veroorsaak.

My twee kollegas, Alta en Ronell, was sterre.  My geduldig weer van voor af geleer en my baie foute en flaters weggelag.  Dis ongelooflik hoe baie mens kan vergeet in 42 maande – dis presies hoe lank gelede ek gewerk het!  Dis soos naaldwerk.  Vandag kan ek net my kop skud oor die oulike prinsesrokkie wat ek 10 jaar gelede vir Jeannie gemaak het nie – ek kan nou beswaarlik ‘n knoop aanwerk.  Toe ek daar weg is, het ek nagdiens gewerk – stoksielalleen op ‘n skof.  Ek was so slim! Wáár is dit alles heen?  :roll:

Met die rondgeskarrel, het ons darem baie gelag ook.  Die een nuwe baba is opgeneem met ‘grunting’ – ‘n aanduiding van respiratoriese nood.  Sy bloedgasse het egter gewys hy hoef nie geventileer te word óf selfs suurstof te kry nie.  Die pa het vir die baba kom kuier, maar die hele tyd met die baba gevroetel, wat die baba nog meer laat steun het.  Altatjie het doodonskuldig die pappa gevra om nie te veel met die baba te karring nie, want dit vererger net sy toestand.  Waarop die pa haar ernstig geantwoord het:  “Ek’s ‘n chiropraktisyn.”  :shock: Ronell het amper haar masker ingesluk van lag, en ek het net my kop laag oor my baba gehou om die lagbui te verdoesel.  :lol:

En toe ons net na 7 klaar aan die nagskof oorgegee het, het hulle my hoopvol gevra of ek more weer sal werk?  Hulle sou seker nie as ek ‘n nul op ‘n kontrak was nie, hê?!  Ek dink nie ek gaan nie.  Pieter was ‘n knaende gatvliegie toe ek by die huis kom; glad nie gewoond om sonder sy mammie te wees nie.  (Goed genoeg verskoning vir my!)

Maar miskien Vrydag.  :wink:


0 Responses to “Oppie job”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: