13
Feb
10

Benoude boude

30 Junie 2009

So kry ek verlede week ‘n brainwave soos min:  ek moet weer bietjie gaan werk.  Pas die uniformpies aan.   Ja, hulle pas nog mooi.  Bel die werk en ja, hulle is toegegooi onder siek babas en soek ‘n paar ekstra hande gretig.  Ek is lankal nie meer geregistreer by die Raad nie, en moet eers gaan betaal voor ek kan werk.  Sjoe! en ek voel so opgewonde!  Ek gaan weer werk!

More is D-Day en ek berou my entoesiasme deeglik.  ‘n Besluit wat ek doodnugter geneem het, lyk nou na iets wat net ‘n besope vrou sou doen.  Hoekom, hoekom, hoekom was ek so domastrant??!!  Die antwoord is eenvoudig.  As ek eendag dalk na groener, veiliger weivelde wil gly, moet ek seker kan wys dat ek nog my hand ‘in die ding’ gehou het?  Nou is ek egter banger vir more as wat ek saans in my huis, agter slot en grendel, is.  :roll:

Ek twyfel of ek nog ‘n polsie of koors  kan neeem, wat nog te sê van ventilator settings, bloedgas-interpretasies en intubasies??  Wat ek kan onthou van natrium en kaliumvlakke en asidose is bitter gevaarlik.     :shock: Nee, o wee.  Ek sidder in my skoene.


0 Responses to “Benoude boude”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: