12
Feb
10

Die #$%$^& boom

25 Junie 2009

Vir twee dae dreig ek om die blare in die tuin op te hark.  Hark is seker nie die regte term nie.  Die tuin bestaan hoofsaaklik uit ‘pebbles’ met twee beddinkies – as mens dit so kan noem!  Klippies kan jy nie hark nie.  Ek moet op my se kniegies die blare met die hand opskraap.  Gelukkig is dit nie ‘n groot area nie, maar dis groot genoeg om my ‘n hele paar uur besig te hou.  Die boom wat die ergernis veroorsaak, is op die buurman se erf, maar ek sweer die blare val alles aan my kant af.

Gister en vandag was heerlike sonnige dae.  Die res van die land kla oor die koue, maar ons loop nog  met T-shirts en kortbroeke rond.  Sommer nog vanmiddag was ek baie grootbek op Facebook oor ons lekker weer. In elk geval, met die sonnigheid vanoggend, begin ek die tuintjie tackle.  Tussen die klippies word elke droë blaartjie uitgewriemel.  Ek trap versigtig in die beddinkies in en raap die blare tussen die plante ook bymekaar.  (Nee, Nelba, mulch klink na ‘n goeie idee, maar dit lyk net te onnet.  Boonop waai die blare later stoep toe – watnie ‘n mulch nodig het nie!)   :wink:

Toe ek uiteindelik klaar is, sien ek dat daar alreeds weer ‘n paar ‘nuwe’  blare rondlê.  Tel dit ook maar op, en gaan gooi die sakke weg.  Gaan sak agterna in ‘n warm bad, baie tevrede met my dagtaak.

Vanaand het ‘n stukkie van die land se koue weer ons uiteindelik ingehaal.  Nie juis vriesend nie, maar…die !#$%^%$% wind waai woes.  En ja, toe ek nou-nou uitloer, lyk my tuin weer presies nes vanoggend.

Why, oh why??!   :sad:


2 Responses to “Die #$%$^& boom”


  1. 1 hartskommels
    Februarie 12, 2010 om 6:33 vm

    oops, dit klink erg so ‘n wind… sou nogal dit geniet ook nou.. die dae hier is als eenders valerig.. so netjies en benepe ou plekkie..

  2. Februarie 13, 2010 om 11:51 vm

    Hello hartskommels

    Hierdie is Vlam se vorige blog wat, wat sy delete het, maar wat ek stadigaan besig is om te herstel omdat dit so goed is. Bo-aan elke inskrywing is die datum wanneer sy dit oorspronklik geskryf het.
    Sy blog nou by http://brandnetel.wordpress.com


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: