11
Feb
10

Uiteindelik ‘n boerin

23 Junie 2009

Nou die aand luister ek na Nataniël op KykNet toe hy met Rian praat.  Rian het hom gevra hoe hy voel oor ‘n kerk wat hom nie wou nooi as gasspreker nie.  Nataniël het droogweg geantwoord dat hy een ding geleer het in sy lewe:  as jy nie voldoende kennis het nie, moenie ‘n oordeel uitspreek nie.  Ware woorde.

Toe Dellie ‘n maand of twee gelede vertel het hoe lekker sy boer en oes op Farm Town, het ek ook maar net my oë opgeslaan en gewonder oor haar sanity.  Ek het nooit eers gaan kyk hoe dit daar lyk nie – tot die naweek.  En ja, ek moet bieg.  Ek het geoordeel vóór ek enigiets daarvan geweet het.  Nou’s ek ook gevang – hook, line and sinker.  :lol:

Aanvanklik kon ek net tamatie en aartappelsaad koop.  Ek het gewroeg oor die feit dat mens nie die twee langs/naby mekaar moet plant nie.  Dieselfde met die bome.  Groente sou mos nie onder die bome floreer nie?  En bome het darem spasie nodig om te groei?  Toe los ek maar ruim spasies tussen my beddinkies en bome.  Sommer tjop-tjop was my plasie vol.  En toe begin ek kuier op die ander plasies…

Dáár sien ek dat daar geen onbenutte stukkie grond is nie.  Beddings is teen mekaar.  Bome op mekaar.  In die virtuele wêreld is daar nie luise of roes of gebrek aan sonlig of grond met swak drakrag nie!  Al wat jy moet doen, is saai en oes.  Die rewards kom amper vanself.

Oukei, ek weet nou my plasie lyk baie deurmekaar.  Dit help nie dat ek begin het terwyl ek in die bed was sonder ‘n muis nie!  My rye was/is skeef, maar noudat ek by die tafel sit, is ek in meer in beheer.  (Daar het jy jou antwoord, farmer Ghirater, of ek ‘n reguit lyn met ‘n liniaal kan trek!)  :evil:

Ek’s nog skrikkerig om mark toe te gaan en met wildvreemdes te gesels.  Daar’s so baie van hulle, en almal lyk so besig soos die Eveready Bunny.  Scary!  :shock: Ek stel ook nog nie belang in huise en stroompies en bruggies nie.  Ek wil geld maak!!  :mrgreen: Sover lyk dit goed.  Ek het vanoggend my eerste ‘groot’ oes gehad.  Ek hou van my bankbalans!

Maar laat ek waai.  Noudat die oes van die lande is, moet ek weer gaan ploeg en saai. Never an idle moment…the life of a farmer.  :wink:


0 Responses to “Uiteindelik ‘n boerin”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: