11
Feb
10

Oppad na ‘n nuwe plek

21 Junie 2009

Ek’s bevrees my laaste paar postings was geskryf in ‘n waas van koors, naarheid en hallusinasies.  Regtig.  ‘n Groot pes het my platgetrek, en ek het besef ek’s besig om droog te maak.  Toe sit ek die blog op ‘private’ en wag vir die siekte om te wyk.

Ek begin weer die wêreld in die oë kyk, maar ek sal nooit weer dieselfde voel oor hierdie blog en wat ek alles hier kwytgeraak het nie.  Self kan ek dit nie verklaar nie, maar iets het verander.  Wanneer en hoekom…ek weet nie.  Ek onthou ons het oppad na Windhoek verby plate aalwyne, rooi in blom,  gery.  Ek het gevoelloos daarna gekyk.  Niks opgewondenheid of bewondering nie.  Op ‘n ander plek  het ons verby mooi bome  gery.  My man het gestop en ‘n peul vir my afgepluk.  Toe hy nie kyk nie, het ek dit tussen my vingers stukkend gevryf en by die venster laat uitwaai.  Ek kan myself nie weer sien as die ou ek nie.

So, op ‘n manier moet ek weer ‘n passie kry vir iets.  Ek sal nie kan lewe as ek voel soos ek nou voel nie.  Morsdood.

Hierdie ou bloggie gaan weldra weer ‘private’ wees.  Ek het net vanaand, ná nog ‘n e-mail, besef dat ek seker moet gesigwys en bietjie verduidelik.  As ek weer gaan blog, sal dit van die ‘ander’ een wees – wat geskep is toe hierdie ene deur ‘n grapmaker uitgevee is.  http://boendoe.wordpress.com Daar gaan nog niks op hom aan nie, maar hierdie een groet ek nou finaal.

Enne…ek belowe die ‘nuwe’ blog  sal vroliker wees as my laaste paar griffels.  :wink:


0 Responses to “Oppad na ‘n nuwe plek”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: