11
Feb
10

Koebaai cuppa

16 Junie 2009

Ek gaan rofweg twee maande in SA wees.  Alhoewel dit ‘n depressing idee is, gaan ek maar die beste van ‘n slegte saak maak.  Myself weer bietjie regruk; ‘n soort van makeover gee.  Twee maande behoort genoeg te wees om die afgelope week se Peroni af te werk.  :lol: Nee, ek wil net weer bietjie na myself en my lewenstyl kyk en regmaak wat verkeerd is.

My grootste, grootste berg om uit te klim, is my koffie-verslawing.  Ek oordryf nie.  Twintig koppies ‘n dag – klink dit redelik?  :shock: Omtrent 5 dubbelsterkte koppies in die oggend, en dieselfde in die aand, van alle tye.  G’n wonder ek slaap so min nie.

Die ontrekkingsimptome klink na ‘n riller:  hoofpyn, moodswings, depressie, moegheid, naarheid.  (Klink skoon na swangerskap.)

Die groentee staan reg vir more-oggend.  In plaas van die gebruiklike koppie koffie om my wakker te kry, gaan ek ‘n appel verorber.  My kop is reg. Ek moet dit nou net DOEN.

Enigiemand wat my wil join?  Of is ek die enigste een wat van die bus afgeneuk het?   :mrgreen:

(Eintlik moet ek Williewragtig bedank vir die inspirasie om bietjie gesonder te probeer leef.)


0 Responses to “Koebaai cuppa”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: