29
Jan
10

Terloops

11 Mei 2009

More gaan ek my man by die lughawe haal.  Ek ken die storie nou al goed.  Al het ons die afgelope paar weke elke dag op die telefoon met mekaar gepraat, gaan ons half ongemaklik voor mekaar staan.  Amper vreemdelinge weer.  Nie seker of jy moet soen of druk of liewers nie.  Op die ou einde doen ons die ‘ou getroude’-ding, en gee mekaar ‘n vinnige piksoen.  Ons vind egter weer die gemaklike plek êrens in die eerste 24 uur.

Ek weet nie hoe dit voel om weggegooi te voel nie.  Of nie meer goed genoeg nie.  Of  om te baklei vir my man se aandag nie.  Nie omdat ek so oulik is nie, maar  deur genade alleen.  Een van my vriendinne gaan nou daardeur.  Ek wens ek kon iets vir haar doen, maar ek kan nie.  Dis ‘n paadjie wat sy stoksielalleen moet loop.  Keuses en besluite  – alles alleen.  Ek hoop sy weet dat ek ALTYD daar is vir haar.  Dat ek van nou af net sal luister, nie meer kak raad sal bygee nie.  En dat ek elke dag aan haar dink.

Posted in sommer 


0 Responses to “Terloops”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: