28
Jan
10

Maandagoggend

11 Mei 2009

Daar is iets te sê vir huiswerk.  Dis Maandagoggend en die chaos  van die naweek  lê in sy volle glorie in die oggendson. Koffiebekers hier en daar, iemand se plakkies in die sitkamer, ‘n verlore kous in die gang, nat handdoeke in hopies op die badkamervloer.  Eenkant in die hoek, peul die wasgoed uit die mandjie.

Ná ’n klomp grys dae van  reën en nogmaals reën, skyn die sonnetjie weer vandag.  Pure goud.  Ek voel weereens ‘n gevoel van liefde vir my ou Speed Queen as ek die vuil klere in sy binnegoed pak.  Tien jaar oud?  And still going strong.  Die modderbesmeerde rugbyklere word liefderyk ge-Preen.  Ek glo die advertensies.  Dis ‘n teken van moederlike liefde én efficiency as  die vuilste wasgoed skoner as skoon anderkant uitkom.

Daar is ‘n wip in my stap as ek uitstap om die klere te gaan ophang.  Geel paddastoeltjies het oornag opgeskiet tussen die gras.  Die luggie het ‘n effense byt, maar daar is nie ‘n wolk in sig nie.  Tog anders om klere in die son te laat droogword as om dit in die tuimeldroër te sit.  Die son gee net ‘n bykomende skoon kraak aan klere.

Stelselmatig word die wydverspreide skottelgoed bymekaar gehark en gewas.  Die kombuis skoongemaak.  Dinosours en karretjies en kryte en storieboeke opgetel. Beddens opgemaak.   Die swartsak word uitgegooi.  Net gou ‘n koffie voor die besem, mop en stofsuier ingespan word.

Ek het vanoggend ‘n les geleer.  Dis sleurwerk om élke dag te wil skoonmaak.  Dis ‘n oorwinning as jy uiteindelik orde geskep het na ‘n hele naweek se gekuier.  Van nou af:  net af en toe skoonmaak.  Ordentlik.  Met my hart daarin.  :wink:


0 Responses to “Maandagoggend”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: