28
Jan
10

Baie kriewelrig

10 Mei 2009

Ek’s bevrees ek het net een ding op die brein.  Wel, nee, twee.  As vanaand verby is, is dit nog net twee slapies voor my man by die huis is.  Flip, ja, ek klink nes ‘n blêddie kind wat slapies aftel, maar dis nou maar tough cookie.  Ek verlang my morsdoodvrek na hom.  En dan…ja, ons roadtrip.

My aandeel aan die voorbereiding is maar beperk tot die musiek – dankie aan almal wat idees gegee het!! – maar dit klink my hy is besig om Fortyfour vlerke te gee.  Alles word ook nie noodwendig met my gedeel nie, want baie is sg. “verrassings”, maar wat ek hoor, laat die rooimiere in my agterent nog meer kriewel.

Hy het nou behoorlik die holiday-feeling onder lede en steek blatant lyf weg.  :shock: Maar wat, almal doen dit…  Boonop het sy kollegas ook die koors gevang en almal help.  Of dit nou ‘n skroefie is of ‘n stuk seil, almal is betrokke by die Boendoe-familie se outing in die gramadoelas.  Guppie is besig om iets baie spesiaal te maak.  Ek weet glad nie hoe dit lyk nie, en ek gaan ook nie eers sê wat dit is nie.  Hopelik, as alles volgens plan gaan, sal ek julle vertel – ná die trip.  Ek het al geleer, in Angola moet jy eers iets gedoen het, vóór jy kan sê  jy gaan dit doen.  Hiehie…as dit nou sin maak.  Niks is ooit verseker nie.  :wink:

Conrad, my plantman wat ek deur my blog ontmoet het – tel hy as ‘n blogpel, Dellie? – het my boonop ‘n lysie gestuur van skaars cyphostemma’s waarvoor ek my oë moet oophou.  Ek sal mooi moet gaan opswôt oor hoe hulle lyk, want van hulle lyk skaars soos die cypho’tjies wat ek leer ken het.  En hierdie keer gaan ek genoeg bakke hê vir die plante.  Hulle behoort lekker saam te reis.  :lol:

So ja, Fortyfour het ‘n make-over gehad.  Hy’t ‘n nuwe windscreen gekry en José het na al sy rattles gekyk.  Daar is 100 l diesel en 100 l water.  Ons lorrie is vanmiddag gewas en skoongemaak, en van more staan hy op Mad Max se plek.  Out of sight, out of mind.  :mrgreen:

Die enigste effense bekommernis wat ek nog het, is die polisie.  As ons eers anderkant Dondo is, behoort daar nie veel probleme te wees nie.  Angola het sedert 1 April ‘n hele nuwe stel verkeersreëls.  Baie daarvan is vir ons normaal, soos veiligheidsgordels en no drinking and driving – nie dat dit ons gaan afsit nie! – maar onder andere moet alle kinders onder 12 in ‘n karstoeltjie sit.  Ons maak altyd vir Pieter ‘n bed agter sodat hy kan slaap as hy wil, wanneer hy wil.  ‘n Karstoeltjie sal nie goed afgaan by hom nie.  Ek weet nie hoeveel Angolese karstoeltjies kan bekostig nie, maar verseker gaan die witvelle vir sulke goed afgetrek word.  Gelukkig kan mens darem in ‘n noodgeval jou gat uit die tjoekie bribe.  :oops:

Van die nuwe verkeersreëls gepraat.  Craig vertel ons dat ‘n lapdance jou ‘n 1000 USD boete op die hals kan haal.  Ek  het nie geweet wat ‘n lapdance is nie…en as jy ook nie weet nie, is die kanse goed dat jy nooit daarvoor ‘n boete sal kry nie.  :roll:

Dit is dan waaroor my lewe tans gaan!  Dinsdagaand gaan erg wees, want dan is my lief al op South African soil, maar nog nie by die huis nie.  Jig, ek kan dit nie hanteer nie!  Geduld, mense, een van die dae sal my lewe more or less normaliseer!  Dan sal ek dalk lus voel om oor my eensame, dronk buurman te skryf…daai is ook ‘n storie, maar ek’s nou glad nie in die mood daarvoor nie.  :wink:

Psssst:  Ek en Eelt het ‘n ligte verskilletjie.  Gaan kyk of julle met hom saamstem oor sy “godin”.  :lol:


0 Responses to “Baie kriewelrig”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: