26
Jan
10

Binnekamer grappie

1 Mei 2009

Ou Donovan sê altyd as ‘n vrou nog vir haar man se grappies lag, is dit ‘n goeie teken.  As dit waar is, is ek en mnr Boendoe  nog vuurwarm.  Ek kan my vreklag vir hom.   :wink:

Dis nou wel so effe uit die slaapkamer uit, maar hierdie was vir my so snaaks.  Ons bel elke aand, maar as ons mekaar later op GoogleTalk raakloop, sal ons nog so bietjie chit-chat.  Soos netnou.  Hy het gisteraand gewerk en het die hele dag geslaap.  Bietjie zombierig gevoel toe hy wakker word, maar “voel nou soos ‘n leeu, en baie lus vir jou.”  :oops: Waarop ek antwoord, “ek is bang vir leeus”.  Sy antwoord?  “Ek’s  bly ek voel nie soos ‘n waterskerpioen nie.”  :lol: Hiehie…ek is ook bly hy voel nie soos een nie…

Gisteraand was ek sommer laf.  Toe ons groet op GTalk, het ek my vinger op die ‘x’-knoppie gelos en baiesoentjies gestuur.  En vinnig ‘n boodskap gelos: “tel dit.”  Vanaand kry ek sy antwoord:  408.    :shock:

Lief, vir die odd chance dat jy weer lees:  na vanaand, NOG NET 10 SLAPIES…

Jou ou leeu, jy.  :mrgreen:

Posted in Liefde 


0 Responses to “Binnekamer grappie”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: