24
Jan
10

Introspeksie

22 April 2009

Dis amper 4:00 in die oggend.  Ek het so 2 uur wakkergeword met ‘n snaakse gevoel.  Ek kon nie presies my vinger daarop sit nie, maar het opgestaan en gaan koffie maak.

By ‘n gebrek aan geselskap het ek lusteloos deur die blogs begin gaan.  Hier en daar het iemand iets nuuts geskryf.  Die vibe is hoofsaaklik “verkiesing 2009″.  Ek dink dis die oorsaak vir die vreemde gevoel wat ek aan my lyf het.  Dis ‘n gevoel van afwagting; asof iets spesiaals gaan gebeur.  Ek hoop my voorgevoel is nie verkeerd nie, dat daar inderdaad iets spesiaals gaan plaasvind.  Iets wat hierdie land op ‘n ander koers gaan sit.

Uit pure verveelheid het ek blogs begin lees van mense wat na Australië geëmigreer het.  Dit lyk my die hele klomp is gelink.  Klaar met die een, kliek mens net na die volgende een.  ‘n Hele klein gemeenskappie op hul eie.  Almal vertel hoe fantasties Australië is.  Hoe hulle nooit spyt was oor hul besluit nie.  Almal sê hulle het tot die groot stap oorgegaan “for a better future”.  Iemand mis sy broer se laaitie, ‘n ander een noem die familie, maar oor die algemeen mis hierdie mense nie veel wat hulle agtergelaat het nie.

Weet nie hoekom nie, maar dit het my erg weemoedig gemaak.

Dalk is ek in die pot water wat só stelselmatig warm word, dat ek dit nie eens voel nie.  Dalk berou ek my besluit om te bly, oor 10 jaar.  Wie weet.  Ek lees al die trials en tribulations waardeur die emigrante gegaan het.  Emigrasie is nie vir sissies nie.  Ek is die wêreld se Grootste Sissie.

Om so deur die blogs te lees, maak my moeg. Regtig moeg.  Moeg gewonder.  Moeg ge-”second guess”.   Laat my ook dink aan my eie blog.  Ek’s moeg geblog oor stupid goed.  Ek’s moeg geblog oor ernstige goed.  Ek’s moeg baklei.

Vandag  gaan ek en Bruce stem.  Groot dag vir hom.  Die eerste keer in sy lewe.  Dalk die laaste keer vir hom in Suid-Afrika.  Hy druk my nou om die aansoek vir sy Britse burgerskap aan die gang te kry.  Volgende jaar wil hy London toe, na sy broer toe.  Ek’s baie traag om te begin daarmee, maar ek sal dit nou doen.  Oor drie jaar is dit Jeannie se beurt. Om dit uit te stel, sal dit  nie laat weggaan nie.

Ek gaan nou groet.  Vir diè wat belangstel, ons gaan 21 Mei terug Angola toe.  Daarna gaan ons met ons weeklange vakansie.  As ons terug is, sal ek weer iets kom griffel.

Nou moet ek eers weer bietjie gaan lewe.  :wink:


0 Responses to “Introspeksie”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: