22
Dec
09

Ola!

8 April 2009

Hoe gaan ek dit sê sonder om soos ‘n pissie te klink?  Ek’s bevrees, daar’s geen manier nie.  Maar ek gee ook nie ‘n flenter om nie…

Ek terug by die huis!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ja, Maandag-oggend het ek Liefie gevra of ek maar voeër huistoe kan kom, en alhoewel hy nie baie entoesiasties was om sy sprankelende vroutjie (bwhahahahahaha!) te verloor nie, het hy ingestem.  Ek het Dianne met my laaste bietjie lugtyd gemail en gevra of dit nie dalkies moontlik sal wees om my gouer op ‘n aerie te sit nie, en snappy het haar antwoord gekom:  Is more te gou? Watwou!

Dit was rof, maar dit was alles die moeite werd.  Gisteroggend moes ons 5 uur oppie bussie klim, en ons vlug was eers 2 uur.  Daar was anner ouens wat 9 uur moes vlieg, en nie nog ‘n drywer om my en Pietie later te kom haal nie.  So, dit was ‘n lang, lang dag van lang toue, geen lugversorging, ‘n Boeing wat sweerlik lus was om te val (maar julle weet mos ek oordryf altyd) en my tas wat weg was.  Die verlore tas was eintlik ‘n jammerte.  Ek het twee Cyphostemmas vir Conrad saamgevat, en daar ontmoet hy my op die lughawe – alles verniet!  Hy het egter vir my ook ‘n boksie gehad – dankie, Conrad!!  Dis nicer as ‘n bos blomme!  :wink: Die tas het egter in Richardsbaai vir my gewag, so, ek stuur jou babies more.

Ek het vinnig oral gaan loer – ek sien daar’s baie om te lees.  Moet net gou gaan proviant koop, bietjie admin doen, Pieter se alien robot gaan soek (wat my lank kan besig hou), en hopelik gaan ek vanaand nesskop met die lappie op my skoot en begin lees!


0 Responses to “Ola!”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: