22
Dec
09

My Liefie my Duifie

Die twee kroegmeisietjies, Genu en Jani, het beurte gemaak om te werk, elke dag van 5 tot 10.  Hulle het die tv op MTV gesit.  Die manne was nie gaande daaroor nie, maar het hulle meestal laat begaan – behalwe as daar ‘n belangrike match op was.  Dan, as ek 10 uur opstap vir my skof, was dit met Juanita en Theuns in my ore.  Die mans het daardie ‘oorgangstyd’ gebruik om hulle gunsteling dvd op te sit.  Nou, Juanita en Theuns is heel gaaf, maar elke aand?  Na week twee het ek slimmer geraak.  (Ek leer maar stadig.)  Ek het so rukkie voor die tyd opgegaan, deur die dvd’s gekyk (en dis ook maar net Skouspel 1 tot Skouspel 100)), enetjie gekies en dit was dan dit.  En so het ek…durf ek daai naam hier noem…ek wil nie deur malles gevind word nie…Sexy Steve weer ontdek.

Veral My Liefie my Duifie. Ja, hy het seker beter liedjies al gesing, en hierdie YouTube video is ook nie te hot nie, maar jinne, die tune is so catchy, EN die man is darem ‘n piece of orraait!  En daai jong swart mannetjie wat met so diep stem die koorgedeelte saamsing…prastig!  Een ding weet ek, die klomp wille manne wou van hulle trollies afneuk as ek dit oor en oor en oor speel!  :lol:

Selfs na al sy skandes oopgevlek is, kan  Steve kan maar enige tyd sy slippertjies onder my bed kom uitskop…  (Oukei, Liefie, nie rêrig nie, maar jy weet hoe ek oor die koning voel.  Hy, en Robbie Williams, natuurlik.  :mrgreen: )


0 Responses to “My Liefie my Duifie”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: