02
Dec
09

Slim vrou

21 Maart 2009

In die Beeld:

‘Afrika is verslaaf aan geldhulp en, soos enige verslaafde, is hy afhanklik van ’n gereelde regmaker,” skryf Dambisa Moyo in ’n boek wat pas verskyn het. Moyo is ’n Zambiër met ’n Harvard -en Oxford-opvoeding en tot onlangs toe Goldman Sachs se voorste globale ekonoom en strateeg.

Moyo is skaamkwaad omdat die sowat $1 triljoen (sowat R9,6 triljoen) – $1 000 (sowat R9 600) vir elke mens vandag op aarde – wat sedert die 1940’s in Afrika ingepomp is, min verskil gemaak het aan die vasteland se pandemiese agterlikheid.

Sy vergelyk Afrika se voortgesette ellende met die “oorweldigende sukses” wat met die Marshall-plan van net $13 miljard (sowat R124,8 miljard) – $100 miljard (sowat R960 miljard) in vandag se waardes – behaal is om Europa ná die Tweede Wêreldoorlog te herbou. Moyo is genadeloos wanneer sy redes aanvoer vir Afrika se mislukkings. Sy sê geldhulp het ’n gierige sirkelgang in Afrika tot gevolg gehad. “Met geldhulp het korrupsie verdere korrupsie gevoed.”

Omdat korrupsie gedy, gedy agteruitgang. Dit lei weer daartoe dat donateurs by herhaling geld na korrupte lande stuur om die ellende te stuit wat korrupsie veroorsaak.

Sy skryf dat geldhulp tot die burgeroorloë en staatsgrepe in Afrika lei. Dié wat wen, wen toegang tot die geldpotte.

Moyo sê een van dié hulp se newe-effekte is dat dit inflasie in swak-bestuurde ekonomieë aanblaas. In ander gevalle “versmoor” geldhulp Afrika-lande se internasionale mededingendheid.

Sommige Afrika-lande het nie eens die kapasiteit het om die geld wat hulle leen of wat aan hul geskenk word, te bestee nie.

Waarom het die VSA se belegging van $100 miljard (sowat R960 miljard) in Europa van die Europese Unie sy grootste ekonomiese mededinger in 2009 maak en waarom het die $1 triljoen (sowat R9,6 triljoen) wat Afrika reeds ontvang het hom meer hulpbehoewend gemaak?

“In die eerste plek was Europese lande nie (soos die meeste Afrikalande vandag nog) alleen-afhanklik van geldhulp nie.”

Europa se ekonomiese herstel was ongeag die geweldige oorlog?skade al aan die gang toe die Mar?shall-plan ingeskop het en dit het net 2,5% van Europa se bruto binnelandse produk uitgemaak.

Daarteenoor, in die tipiese Afrika-land, beloop internasionale geldhulp 75% van staatsinkomste.

Die Marshall-plan moes Europa se infrastruktuur herstel, en nie soos in Afrika, “elke faset van sy ekonomie binnesuur nie”.

“In die meeste arm lande is daar geldhulp in die staatsdiens, politieke instellings, in weermagte, in gesondheidsorg, opvoeding, in infrastruktuur.

“Geldhulp is endemies. Hoe meer dit infiltreer, hoe meer erosie veroorsaak dit en hoe groter is die kultuur van afhanklikheid daarvan,” skryf Moyo. Sonder ’n politiek-korrekte haar op haar kop skryf sy Afrika moet hom speen van sy verslawing aan geldhulp. Vir Moyo lê die antwoord in “innovasie en ’n goeie dosis eerlikheid.”

Kredietwaardigheid moet gevestig word. Reserwes moet binnelands en buitelands opgebou word en besteding moet oorwegend aan basiese infrastruktuur wees.

“Die geldmarkte is oop en oop vir Afrika,” sê Moyo. Deur beleggings te lok, sal Afrika nie om skenkings hoef te bedel nie.

As Afrika ’n regmaker nodig het, is dit hierdie boek – geskryf deur ’n Afrikaan vir Afrikane – nie om ons te verneder nie, maar om ons regmatige plek op die aardbol op eis.

Moyo se doodsertifikaat vir hulp aan Afrika plaas, in die lig van die huidige wêreldwye geldelike tydsgewrig, die toenemende donateursatheid in die kollig. Dis ’n harde teregwysing en as Afrikane dit nie wil hoor nie, moet ons aanvaar dat donateur-regerings wel op hierdie (te) laat gewaarwording ag slaan – ’n geruime tyd al.

“Óf hulle (die skenkers) glo nie meer dat geldhulp werk nie, óf hulle het nie geld nie, óf hulle gee nie meer om nie, feit is hul beursie krimp,” maan Moyo.

Sy sluit af met ’n Afrika-gesegde wat ’n aanklag én ’n aansporing is: “Die beste tyd om ’n boom (self) te plant is 20 jaar gelede. Die tweede beste tyd is nou.”

Vir Moyo is die tyd die dringende nóú. “Die gemiddelde Afrikaan is vandag armer as net twee dekades gelede,” skryf sy.

 

  • Dead Aid – Why aid is not working and how there is another way for Africa word deur Penguin Books uitgegee.

  • 0 Responses to “Slim vrou”



    1. Lewer Kommentaar

    Lewer kommentaar

    Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

    WordPress.com Logo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

    Twitter picture

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

    Facebook photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

    Google+ photo

    Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

    Connecting to %s


    %d bloggers like this: