02
Dec
09

Green food

22 Maart 2009

Vir drie jaar eet ons gereeld by ‘n spesifieke restaurant in Viana.  Elke keer vergryp ek my aan drie groen kossies.  Elke keer neem ek my voor ek gaan uitvind wat die goed se naam is, maar sodra ek daar uitstap, is dit weer vergete.  Twee lyk soos fyn opgesnyde blare, voorberei met onder andere uie.  Die derde groen gereg lyk soos ‘n kruising tussen ‘n komkommer en ‘n chilli.  Al drie is heerlik, en dis dalk net my verbeelding, maar ek voel sommer fris en gesond na ‘n skeppie daarvan.  Dit hou egter net nooit by ‘n skeppie nie. Ek mis maklik die vleis, maar ek SKEP behoorlik van my ‘green food’, soos ons daarvan praat.

Vandag het ons darem die baster-komkommber/chillie se naam uitgevind.  My man het by ‘n straatmark gestop om garnale te koop, maar in stede teruggekom met ‘n sakkie van diè goed.  Die plaaslike naam is ‘quiabo’, wat vir my niks beteken nie.  By die huis het ek dit gaan vertaal, en daar kry ek dit toe:  okra.  Van okra het ek al gehoor, en ek kan my kop op ‘n blok sit ek het dit al in die winkels gesien.  Ek sou dit natuurlik nooit koop nie, want ek het toe nog nie geweet hoe dit smaak nie.

‘n Amper ‘bland’ smaak, romerig, met ietsie van ‘n baby marrow se geurtjie.  Man, heerlik!  En die beste is, dis heel goedkoop, so R4  –  R5  ‘n sakkie.  Nou die dag het ek gelees dat Luanda die duurste ex-pat stad in die wêreld is; dit het selfs Tokio verbygesteek.  ‘n Mandjie met ‘n aantal goedere wat gewoonlik deur ex-pats (oor die wêreld) gekoop word, was die duurste in Luanda.  Dit verklaar die pakkie sampioene vir amper R80!  Ek begin dink dit gaan goedkoper wees om te vergeet van goed in Suid Afrika en meer op ‘local produce’ in te zoom.  En boeta, okra is ‘n bo-baas plaasvervanger vir enige bekende groen ding!

Ek kan okra sterk aanbeveel!  As jy dit in  jou P & P of Spar sien, gee dit ‘n kans.  Ek stoom dit net met ‘n bietjie sout, en binne 5 minute is dit reg. Njammies!


0 Responses to “Green food”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: