01
Dec
09

Wildsbokkies en bloedklonte

14 Maart 2009

Daar’s ‘n berg van my skouers af.

Ek dink ek het te veel van bloedklonte in die koerante gelees die afgelope tyd.  Omtrent drie weke gelede spring ek so vlugvoetig soos ‘n wildsbokkie oor ‘n watervoor en land soos ‘n beached whale in ‘n hopie aan die ander kant.  Seker het ek my voet net verkeerd neergesit, maar ek sweer ek kon die girts-geluid in my kuit hoor.  Dis was vrekseer, en dit het my ‘n rukkie geneem om uit te figure hòè ek vandaar weer by die huis gaan kom.  Op die ou einde moes ek hinke-pink op my tone.  Die seer been se voet kon ek nie neersit nie.

Na ‘n week was dit heelwat beter.  Ek het nie eens meer daaraan gedink nie.  Toe ry ons Namibe toe.  En oppad terug kom ek agter dat veral my een enkel baie dik geswel is.  Maar ek sê niks.  Om dit hardop te sê sou wees om te erken ek het verander in ‘n ou tannie – een met dik opgeswelde bene en bloedklonte.  O genade.  Ek vrees ‘n bloedklont met my hele lewe!  Maar ek was seker met my springery het ek my are beseer en nou sit daar ‘n moewiese bloedklont wat wag om los te kom.  Of my gangreen gaan gee…

Die hele week hou ek hierdie enkel dop.  Ek wonder of dit  die hoë altitude van Huambo en Lubango wat die swelling veroorsaak het.  Maar ek worry oor die feit dat dit net een been is.  Ek’s in ‘n depro, so in die stilligheid.  Ek wil tog nie vir my man sê ek het ‘n bloedklont nie; netnou los hy my!

Gisteraand kon ek dit nie meer hou nie.  Ek vra vir Chris hoe sy been gelyk en gevoel het toe hy onlangs ‘n bloedklont gehad het.  Hy vertel, en ek voel half verlig, want my been is nie seer, rooi of warm nie.  Net opgeswel.  So iets maak havoc in mens se gemoed.  Ek is weer op ‘bar duty’ terwyl Guppie in Suid Afrika is.  As barmaid het ek gesuck gisteraand.  Mislik, moody, ongeduldig.  Ek wou hulle net daar uit hê sodat ek kon sluit en met my kosbare been in die lug gaan lê.  Die arme mans.  Hulle het seker iets soos PMS vermoed.  :lol:

Dis was vanoggend toe ek wakker word dat die liggie vir my aangaan.  Ek het my enkel so gevoel-voel en vir die eerste keer besef die binnekant van my voet is bietjie seer.  Toe onthou ek.  Terwyl ons verlede week plante gesteel het, het ek op ‘n stadium geswik tussen die baie klippe en my voet seergemaak.   Met die koorsagtigheid om soveel plante as moontlik uit te kry, het dit egter skaars geregistreer.

Ek’s nog steeds ‘n wildsbok.  Sonder ‘n bloedklont.  :wink:


0 Responses to “Wildsbokkies en bloedklonte”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: