01
Dec
09

Lieflike Lubango; nimlike Namibe

13 Maart 2009

Daar is tog ‘n bietjie ‘beskawing’ in Angola.  Lubango, hoofstad van die provinsie Huila, was balsem vir die siel nadat ons net armoede en verwaarlosing gesien het op ons pad suid.  Nie heeltemal waaraan ons gewoond is in Suid Afrika nie, maar in ‘n ander klas as enige ander plek wat ek hier gesien het.  Ou geboue grotendeels gerestoureer.  Aanwysingsborde.  Restaurante.  Netjiese, breë strate.  Maar dalk is ek bevooroordeeld omdat Boere die dorp in die vroeë 1880’s gestig het.  :wink:

Indien enigeen al daaraan gedink het om Angola te besoek as toeriste-bestemming, sou ek Lubango aanbeveel.  (Toerisme is egter nog nie hoog op die prioriteitslys van die owerhede nie.)   Hier kan mens in ‘n ordentlike hotel bly en ordentlike kos by ‘n ordentlike restaurant gaan eet.  Die klimaat is gematig.  Dis die enigste plek in Angola waar ek nodig gehad het om ‘n baadjie aan te trek.  En dit het al daar gesneeu.

Tunda Vala kyk uit oor die stad.  Dis ‘n vulkaniese fissuur, 2 500 m bo seevlak.  En is dit nie asemrowend nie!  Mens ry met ‘n nie-te-gawe  grondpaadjie teen die berg uit.  Die mooiste klippe en plantegroei omring jou.  By die kloof self, het ons op die wolke neergekyk, Lubango net effens sigbaar.  Mis het aanhoudend by die kloof uitgewaai.  Af en toe was daar voëlgeluide, maar verder was daar stilte soos ek nog nooit ervaar het nie.  Dit was pragtig, maar as ek aan die onlangse geskiedenis van Tunda Vala gedink het, het ek effens kriewelrig geraak.



Lubango was tydens die oorlog ‘n belangrike basis vir SWAPO, Kuba en die MPLA.  Politieke opponente is van diè krans afgegooi.  ‘n Vriend  het vertel dat hy op ‘n onlangse besoek aan Tunda Vala, ‘n lyk ‘n paar meter laer af teen die krans gesien het.  Gelukkig was daar net natuur en geen grieselrige ontdekkings toe ons daar was nie.

Die Christus-beeld, soortgelyk aan die een in Rio de Janeiro, is ook iets om te gaan sien.  En dan die Leba-pas.  Ek kan nie genoeg praat oor hierdie pas nie.  Foto’s doen haar eintlik nie eer aan nie.  Dis iets wat mens met jou eie oë mòèt gaan beleef.

Namibe is slegs 160 km van Lubango, en die pad daarheen is ‘n baie mooi teerpad.  Porto Namibe is ‘n klein plekkie, nie te onaardig nie, maar ook nie iets wat mens op en af laat spring nie.  Namibe se viswaters is blykbaar van die beste ter wêreld.  Ek sal dit nie kan beaam nie, maar gesoute hengelaars sweer hoog en laag daarby.  Vir my is Namibe se unieke landskap die bekoring.  Verder suid is dit regte woestyn, maar ek is mal verlief op die droë, klipperige vlaktes  rondom Porto Namibe.  Al groei daar amper niks, voel ek sommer tuis as ek daar kom.

Klippe, klippe, klippe = hemel op aarde vir my…

Dawid en Goliat

Oppad terug na Lubango en ek vang Namibe vir oulaas vas…

Drie dae was nie naastenby genoeg om te doen wat ons wou doen nie.  Lubango/Namibe verdien ten minste ‘n week.  :wink:


0 Responses to “Lieflike Lubango; nimlike Namibe”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: