29
Nov
09

Skud my sak

27 Februarie 2009

Kaalvoet het my getag om te wys wat in my handsak is:

Post a picture of whatever bag you are carrying as of late. No, you can’t go into your closet and pull out your favourite purse! We want to know what you carried today or the last time you left the house.
List how much it cost. And this is not to judge. This is for entertainment purposes only. So spill it. And if there is a story to go along with how you obtained it, we’d love to hear it.
Show us what’s in your purse. Spill it out! Take pictures! Tell us what it is!
Tag some chicks. (sorry boys, but I’m guessing not a lot of you carry bags around anyway, except maybe the Korean lads).

Ek is doodeerlik as ek sê dat ek nie ‘n handsak in Angola het nie.  Ek en Papsie gooi sommer al ons gemorsies saam in een sak as ons die dag êrens heen gaan.  Ek gaan dus die sakkie wys waarmee ek reis.  :oops:

Hierdie is ‘n rugsakkie wat die kinders as ‘n ‘free gift’ gekry het toe hulle iets by Game gekoop het.  Regtig ‘n ou cheapie, maar tot dusver die gerieflikste van al die sakke wat ek tot dusver uitprobeer het.  Dit pas gewoonlik ook nooit by enige kleurskema nie, maar hy kan Anna (die laphond), ‘n kamera, twee selfone, ‘n windbreaker en al die dokumente binne hou.  En nog iets, as dit moet.  :wink:

002

En hier is sy inhoud.  Duidelik het ek die sak net neergegooi toe ek hier aangekom het en nooit leeggemaak nie.

0031

Heelbo is Pieter se geboortesertifikaat.  Ek moet dit wys as ‘identifikasie’ voor sy e-ticket uitgereik kan word.  (Ons paspoorte wag altyd in Johannesburg vir ons.)

My beursie, vol SA kaarte.  Ek gaan hom eers weer in Johannesburg oopmaak as ek teruggaan.

My twee ID boekies.  Jip, ek het twee!

‘n Vyfsent.  Nog baie daarvan in my beursie.

My enigste twee lipstiffies.  Ouch.  Nou verraai ek my butchgeit…  :lol:

Ons geelkaarte en e-tickets.

Ek en Pieter se paspoorte.

Twee Southern Sun notaboekies – ek kan nie ‘n freebie weerstaan nie, en dit hou Pieter ook besig as ons wag.

En die belangrikste – ek vlieg nooit daarsonder nie – twee cable ties.  Ek het dit te veel keer al nodig gehad en NIE by my gehad nie.

Drie swart penne:  een kommin Bic, en twee Southern Sun penne.

Nou moet ek nog twee meisies tag.  Met al my hondedrama het ek bietjie slapgelê met die bloglesery, so vergewe my as julle alreeds getag is.  Dellie?  Sandra?


0 Responses to “Skud my sak”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: