29
Nov
09

Pynvol

19 Februarie 2009

 

Van die ronde hondjie wat ek in Januarie hier agter gelos het, het nie veel oorgebly nie:

039-copy

Ek het geskrik toe ek Maggie eergister weer sien.  Maer en lelik.  Maar happy.  Hardloop al stertswaaiend die wêreld vol.  Toe dog ek dis maar net die village-hond-bloed wat erg deurslaan.  Daardie aand, toe sy gaan slaap, het ek egter besef hier is GROOT fout:

Wanneer sy op die been is, lyk sy regtig gelukkig.  Jaag Pieter rond, speel met ons, stert swaai.  Dis net slaaptyd wat ‘n helse gemors is.  Sy het die hele tyd rukkings, en sy tjank in haar slaap.  So asof sy in pyn is.  Verder eet sy nie baie nie.  Sy eet stukkies hoender, en ek gee dit nou maar vir haar.  Solank sy net eet.  Ons nagte is erg.  Niemand kry juis slaap in nie.  En ons sal haar eers Saterdag veearts toe kan vat…

UPDATE:  Tipies.  Murphy’s Law.  Ek het skaars die ‘publish’-knoppie gedruk, of die brakkie gaan lê op die mat en raak aan die slaap.  Geen rukkings, geen gehuil.  Dit was ongeveer sewe-uur.  Dis nou kwart voor elf, en ek wag nog vir die sirkus om te begin, maar sy wil nie saamspeel nie. Dit slaap nog een stryk deur.  Dis salf vir my siel, glo my!


0 Responses to “Pynvol”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: