29
Nov
09

Opmoedverloorsevlaktes

26 Februarie 2009

Ek loop nog ongelukkig op die aardbol rond, Dellie.  Ek sou nou eerder op ‘n pienk wolkie wou float na waar daar rus en vrede is.  :wink:

Ons, dis nou ek, man, kind en hond, is almal sleep deprived.  Hierdie brakkie sit my ore aan.  Elke aand met bedtyd is dit ‘n gesus van ‘n ander wêreld om hierdie hond aan die slaap te kry.  Sy skreeu steeds dat my murg jellie word.  En klokslag twee-uur elke oggend is sy weer wakker.  Dan word daar  met groot moeite gepaai tot sy aan die slaap raak.

Dit klink dalk soos ‘n bedorwe brokkie, maar die hond is nie wel nie.  Sy eet oukei, maar is bitter kieskeurig.  Geen hondepille vir haar nie, ook nie blikkies hondekos nie.  Net regte, egte vleisies.  Sy is so maer dat ek haar maar humour.  Maar die geween het nie einde nie.

My man het haar vandag weer by die veearts gehad.  Dis nou nadat ek die hond in die vroeë oggendure gesit en kyk het en gedink het dit sal soooo maklik wees om met ‘n kussing vir ewig ‘n einde te maak aan haar ellende.  In ieder geval, sy het inspuitings vir Afrika gehad, onder andere vir rabies ook.  Dis vir my ‘n verligting, want rabies loop tans dik in Luanda.  Vyftig kinders in Februarie dood daaraan.  Sy moet more en Saterdag weer teruggaan vir nog inspuitings.  Boonop weet ons nie wat regtig fout is nie.  Taalprobleem tussen ons en die veearts.  Ek hoop maar net die ou weet darem ‘n ietsie van diere af.  Sy spreekkamers is nie veel meer as ‘n dump nie.

Dit klink pateties, maar ek kan net nie meer helder dink nie.  Ek slaap net so twee of drie ure elke aand.  Gedurende die dag hou die gehuil aan.  En daai skreeutjie…  En so gaan dit  sedert ons terug is.  Ek wil net weer EEN aand in die bed klim en die volgende oggend opstaan as die son al hoog in die lug is.


0 Responses to “Opmoedverloorsevlaktes”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: