28
Nov
09

Liefdesdag

15 Februarie 2009

Dis die maand van liefde.  Of so sê hulle.  (Wie die ‘hulle’ ook mag wees.)  Ek het nog nooit ‘n perfekte Valentynsdag beleef nie.  Ek dink dis omdat so ‘perfekte’ liefdesdag nie beplan kan word nie.  Dis nie in die hartjie-sjokolade nie.  Ook nie in die bos rose of blink flentertjie juweliersware nie.  Dis wanneer twee harte se koördinate presies ooreenstem:  geen verveling, geen irritasies om een (of albei) van die twee van koers te kry nie.

My perfekte liefdesdag was op ‘n strand.  Ons het die ander in die groep agtergelaat en begin loop, al langs die see.  Vir kilometers.  Aan die een kant was ‘n saffierblou see, aan die ander kant hoë kranse.  Ons was op ‘n smal strook wit sand.  Die son was warm, maar nie ongenadig nie.  Ons het gesels oor alles: kinders, die toekoms, die hede. Toe het ons gaan swem.

Nog nooit vantevore (of daarna) het dit so natuurlik gevoel om ons klere af te stroop en soos kinders die see in te hardloop nie.  Ek onthou daar was nie branders nie.  Net rustige deinings.  Die water was warm.  Ons het mekaar vasgehou, soutige soene gedeel.  Toe ons klaar geswem het, het ons op ‘n groot rots gaan sit en die son ons laat droogbak.

Daardie aand het ons op die sand voor ons tentjie gesit.  Agter ons het die kampvuur geknetter en die ander het gelag en gesels.  Die maan het opgekom, ‘n groot, wasige bal in die swart lug.  Ons het probeer, maar kon nie sy silwer pad op die see afneem nie.  Nie dat dit saak maak nie.

Ek weet,  vir daardie kort oomblik in tyd,  was ons EEN.


0 Responses to “Liefdesdag”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: