28
Nov
09

GPS for dummies

12 Februarue 2009

Sug.

Waar begin ek?  :shock:

Toe ons destyds Menongue toe is, en ons al ons dae gehad het om die begraafplaas op te spoor, was ek en my beter helfte vas van plan om vir ons GPS aan te skaf.  Op daardie trip alleen, sou ‘n GPS sy gewig in goud werd gewees het.  Maar dit was op die ou einde nes kraam:  hoe meer tyd verloop het sedert daardie ondervinding, hoe minder erg het dit vir ons geraak.

My man is ‘n ou wat van gadgets hou.  Gee vir hom knoppies om te druk, en goeters om uit te figure, dan is hy in sy element.  Toe dog ek by myselwers:  hy was sewe maande laas in die beskawing, ek moet hom bietjie treat en vir hom ‘n snazzy nuwe selfoontjie kry.  Ons weet ook niks van selfone nie, myne is ‘n Nokia Brick 100 en syne iets effe meer up to date.  Effens.  Eintlik het ons gegaan om vir die kinders nuwe fone te kry, maar met die blaai deur die February Promotions boekie, het ons baie lus geraak.  Vir ‘n nuwe foon.  (Wat anders?)

Ons lees en ons lees, en ons sien die nuwe fone het tot GPS.  GPS!!!!  Ons het weer onthou hoe ons tot amper middernag gesukkel het in Menongue, en dit het na net die uitkoms gelyk.  Die Indiaanse verkoopmannetjie (van Welkom, so ewe) het hierdie spesifieke foon baie aanbeveel.  ‘n Sumsang Innoverende Agt.  (Ek moet die naam bietjie verbloem.  Netnou neem hierdie Google-soekers oor by die skeurbuik-soekers.  En glo my, ek weet na dese hoeveel mense op die internet soek na iets oor hierdie phonetjie!)

Volgens die verkoopsman, is dit ‘n uitstekende foon.  Dit het Symbian (waddehel is dit?), 16 Gig internal memory, 8 MP kamera….en Garmin GPS. Van GPS weet ons net dat die manne in Angola Garmin besing.  Ons teken ons daar en dan vas.  Die foon is nie in voorraad nie, maar dit sal oor ‘n paar dae hier wees.  Bietjie langer as ‘n paar dae later, kry ons toe wel die telefoontjie.

Gistermiddag, om meer presies te wees.  Sedertdien is dit nog net ons en die foon.  Ons spartel.  Ons weet nie wat met die foon aangaan nie.  Dis nie ‘n kwessie van soek jou gunsteling ringtone en stuur ‘n MMSsie nie.  Nee!  Dis ‘n kompleet klein rekenaartjie, met baie, baie goeters wat ons steeds nie ‘n clue van het nie.  En die GPS!   :shock: Dis toe nie Garmin nie, maar Route 66.  Ek is nou al op die punt dat ek van A na B in Suid-Afrika kan beweeg met die GPS’sie wat vir my sê hoe en waar om te ry, maar daar’s nie kaarte vir Angola nie!  Of is daar?  Dalk weet ek nie hoe om te soek nie, maar Angola blyk die donker land te wees, selfs in GPS-terme.  :sad:

En my ou lief, die gadget-boffin, is net so toe soos ek.  Ons het tot vanoggend twee-uur gesit en spook met die blessitse ding.  Ons kom nie ‘n tree verder nie.  Is daar iemand wat besonder slim is met GPS wat ons ‘n paar tips kan gee?  Groot samblief?


0 Responses to “GPS for dummies”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: