16
Oct
09

Op die spoor van ‘n soekterm

28 Januarie 2009

Dellie,  hierdie sal jou dalk interesseer.  :wink:

Nadat ek vandag vir die tweede keer die soekterm “afrikaner dogters sukkel suutjies” gekry het, het ek besluit dis net te toevallig, en toe gaan Google ek dit.  Eureka, slaan my dood met ‘n tannestokkie!

Marlise Keith is ‘n kunstenaar.  Sy verf.  Blykbaar nogal hoog aangeslaan, maar ek sal my nie daaroor uitspreek nie.  Van kuns weet ek minder as niks.  En van haar werk is ‘n klomp skilderye genaamd “Afrikaner dogters sukkel suutjies.”

Niks van die prentjies roer die versukkelde Afrikanerdogter binne my nie, maar dan, ek het nie ‘n oog vir die fyner dinge in die lewe nie.  Dis wat sy daaroor te sê het:

I’ve been reading Tracey Emin’s book, writings, notes from her life, I don’t quite know what to call it, she calls it Strangeland. I have not been molested or raped, forcefully removed, addicted, photographed for pornography, called a slag, or tried to drown myself, willingly that is… After three days of constant migraine, I have, I admit, slammed my head repeatedly against a wall. But that is how violent I get, that is how tortured I get. I’ve always wondered at the torture artists in many fields claim, as a muse. I wonder about the hundreds of unhappy people using their own personal torture to create. I wonder if I am tortured enough. So I started digging, you know, that type of introspection that leaves one as uncomfortable as Kipling’s Rhino with sand between his skin and body. I think I know what that feels like, lets be honest, anyone listening to R&B will know what this feels like…

So I unearthed Afrikaner Dogters wat Suutjies Sukkel, this is my “torture” for now. I’ve been mildly annoyed at the Afrikaner culture, what it “did” to me, it didn’t do anything, I willingly accepted some of it. I can’t speak for other people but I don’t think I’m as angry as the Bitterkomix outjies, because I’m ‘n dogter, en dit betaam nie ‘n dogter om demoerin te raak nie, nee ons dra kwaad soos sakke sout saam, die Rooi See lyk soos ‘n varswater bron teenoor my sakke sout. Ek het ‘n skuur vol, maar ek vergeet, ek kannie ‘n skuur hê nie, ek het dan reeds ‘n baarmoeder, so ek boer met die Klein vee, soos hoenders en so, want dis al wat hier inpas – hier in my kleine ma-sak. Nooit kan daar beeste of mielielande inpas nie, wat meen jy?

Gelukkig is ek ‘n Baster Aster, my Pa is Scottisch en verlig, hy’t saam met Bushmen uitgehang. My ma was darem nie onder die juk heeltemal nie, sy en my ouma’s en so was killer antie’s, dankie tog, anders sou my kop so klein gewees het dat ek nie eers ‘n battery egg daarin kon kry nie. Hoe meer ek dink hoe meer realise ek dat ek demoer in is vir wat ons uitgedeel kry met geboorte. Maar dan, almal is kwaad vir die cultural coding waarmee hulle gebore word. Allow me to be judgemental: I’m angry at the Groot Krokkedil, onder andere, and reserve a special place for him, right next to Hilter, and those other beings who rape and moer kinners uit baarmoeders. I also realised that I’m modestly alarmed at Oom Calvyn, and in the true sense of Afrikaner Dogterism: siek self-sacrifice not to mention Modesty; about achievement, brains, looks, net wat jy wil, solank jy nederig is, in the true sense of womanhood. I will rather self deprecate than claim my achievement. I am amazed at the silent scars we all bear, courtesy of our birthright, courtesy of our gender, courtesy of Self. i know about feminism, all the waves and the posts. And still my first inclination is amazingly: to be passive, until I will myself to rip off my Kappie and hopefully I’ll be in my superwoman suit…

En dan is ek: skaam vir myself, and angry, and in all honesty, once the rage subsides, I am mostly happy because I’m living my dream. I am most fortunate. Poverty and migraines are my worst enemies, and fighting Suutjies Sukkel every day. Remembering that its my right to be a first class person, with a voice and that I may claim more space than the size of my uterus. Thats my rant for today, have to go and boogie board now, its red and yellow, apparently sharks are most attracted to yellow… How’s that for an informed choice?!

Miskien moet ons die soekterme met meer respek bejeën!  Van die mense weet duidelik waarna hulle soek.  Volgende op my lysie om te Google is:

my ou in ‘n paragrafie

en

stemme in jou mond wat demone is.

:lol:


0 Responses to “Op die spoor van ‘n soekterm”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: