12
Oct
09

‘n Blogger-up

21 Januarie 2009

Die liewe Wosonki’s se blog is protected.  Ek kan hulle ‘n mail stuur en squeal daaroor, maar vir die eerste keer kan ek verstaan hoe hulle (dalk) voel.  By Dellie lees ek dat haar gevoel oor blogging ook verander het.  Waar dit voorheen ‘n uitlaatklep was, het dit net nog ‘n ‘werk’ geword.

Ek het ook daai punt bereik.  Eintlik weet ek nie hoekom ek so voel nie.  Niemand staan met ‘n gun teen my kop en forseer my om deel te wees van die blog-ondervinding nie.  Dis iets wat eskaleer.  Jy begin blog, een of twee sien jou raak.  Jy hou vir ‘n paar maande aan, en jy raak meer  bekend.  Later voel jy ‘n verpligting teenoor jou lesers.  Jy moet gereeld skryf.  Jy moet gereeld comment by ander. Of is my belewing daarvan uniek?  :shock:

Op die ou einde het mense so oulike prentjie van jou in hul koppe, en jy wil nie graag die bubble bars en jou donker kant wys nie.  So, jy hou dit maar lig en ontspanne.  Nevermaaind die feit dat daar soms ‘n klomp demoontjies binne jou stoei om uit te kom nie…

Dalk moet mens, vòòr jy begin blog, besluit waaroor jou blog moet gaan.  Politiek, grappies, ‘n persoonlike dagboek, gewigsverlies of wat ook al.  Want begin mens met ‘n grapperige blog, en op ‘n dag raak jy ernstig, maak dit nie die mense deurmekaar nie?  Maak dit jou nie deurmekaar nie?

Ek sal graag meer wil ‘oopmaak’.  Ek skryf elke aand dat die biesies bewe, en dan delete ek dit.  Want dis te erg/skokkend/weird/whatever.  Dan moet ek soek na iets ouliks/onskuldigs/cute wat die mensdom se fondamente nie gaan skud nie.

Ai.  Ek skud nou my kop oor wat ek nou hier kwytgeraak het.  Daar is al baie geskryf oor die sogenaamde maskers wat ons opsit.  Nou ja, daar het julle dit.  Ek sit hoofsaaklik my cute maskertjie vir julle op.  :lol:

Hoe dit ook al sy, ek wil nie ophou blog nie.  Dis heeltemal te lekker!  Maar, ek gaan ook bietjie besin oor watter koers ek gaan inslaan.  Watch this space, nê!    :mrgreen:


1 Response to “‘n Blogger-up”


  1. September 29, 2014 om 10:25 nm

    Excellent blog here! Also your web site loads up very fast!
    What host are you using? Can I get your affiliate link to your host?
    I wish my website loaded up as fast as yours lol
    http://weirdgifs.com/


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: