11
Oct
09

Vergeet om te vergeet

12 Januarie 2009

Oprah (ja, ek is ‘n groot Oprah fan, so what?!)  het eenkeer gesê dat as mens kinders van jou eie het/gehad het, die hele wêreld se kinders joune word.  Dit is inderdaad so.  Jy trek jou die ellende van vreemde, onbekende kinders so aan, dat jou hart pyn. Omdat jy weet, dit kon maklik jou kinders gewees het.

Ek wil verder gaan en sê dat as mens ‘n ouer is, voel jy die verdriet van ander ouers soveel sterker.  Omdat jy weet, dit kon jy gewees het.

Oor die naweek het ek ‘kennis gemaak’ met Rowland Medlin, die man wat van 2005 af al daaraan werk om die vier manne van Ebo terug te bring huis toe.  Ek dink ek, en baie ander, sou al moed opgegee het.  Nie Rowley nie.  Hy het sy hakke ingeslaan en die goeie fight bly fight.  Dit lyk of al die harde werk gaan vrugte afwerp:  hopelik hierdie jaar, na die reënseisoen, gaan die verlore vier gehaal word.  Ek hoop vuriglik so.  Van die vier ouerpare, leef nog net een ou moeder, nou in haar tagtigs.  Ek gun haar dit, met my hele hart.

Gaan lees gerus wat Snotblokker Tolla te sê het oor die Ebo Vier en Rowland Medlin.  Saam met Tolla wil ek vra, as jy ‘n bydrae het om te lewer, kontak asseblief vir Rowland.  En bid saam met ons dat hierdie laaste misie in Angola suksesvol sal wees.


0 Responses to “Vergeet om te vergeet”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: