10
Oct
09

Pakdag

8 Januarie 2009

Dis die laaste dag van ons vakansietjie.  Ons is almal redelik bek-af sedert die naweek.  Daar was die normale drama en konsternasie op die strand, maar ek wil nie te breedvoerig daarop ingaan nie.  Nog te pynlik.  Laat ek maar net volstaan met die stelling dat dit nie pret is as twee seuns die bakkie vat en vir 5 ure wegbly nie – terwyl niemand weet waar hulle is en of hulle orraait is nie.  Die son het ons boonop gelooi, en vrot buie en seer velle is nie ‘n goeie kombinasie nie.

Pieter is skielik siek.  Maak nie saak dat ek babas van onder ‘n kilo op ventilators verpleeg het nie.  Nou is ek so toe soos ‘n klei-os se gat.  Ek sien meningitis en tuberkulose en selfs malaria en Ebola.  Daar was ‘n klein rondloper seuntjie op die strand die naweek.  Hy het hom daar by ons tuisgemaak.  Die kind het my nie gepla nie, maar hy het die allervreeslikste hoesie gehad.  Nou kan ek net dink hoe daai kiempies met elke hoesie tot in Pieter se keelgat gespring het.  Ag, dit ontstig my, want ou Pietie word regtig nooit siek nie.

Vandag is die groot was, stryk en pakdag.  Die kinders lê nog steeds en slaap, maar ek het besluit Hotel Bom Jesus het nou gesluit.  As hulle nie wakker word en klere bring om gewas te word nie, sal hulle dit maar vuil moet saamvat.  En self was en stryk.

More vlieg ons, maar eers laatmiddag.  Dit gaan weer ‘n lang, lang dag wees.  As mens eers in die vliegtuig is, is alles oukei.  Dit voel soos huis.  Mense kan kla oor SAA, maar in drie jaar het ons nog net goeie diens gehad.  Ek is altyd heimlik lus en val op my knieë en soen hulle voete as hulle mens so vriendelik verwelkom aan boord.  Ek geniet Angola, maar vet weet, ons mense is net in ‘n ander klas as hulle.

Nou’t ek baie gekekkel en min gesê.  Ek probeer die pakwerk uitstel, maar by hook or by crook…ek moet dit NOU gaan doen.  :shock:


0 Responses to “Pakdag”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: