10
Oct
09

Muxima

6 Januarie 2009

Muxima (uitgespreek Mushima – het my ‘n rukkie gevat om dit uit te figure!) lê aan die anderkant van die Kwanza-rivier, omtrent ‘n uur se ry van ons af.  Noudat die brug in gebruik is, is dit maklik om gou-gou deur te skiet daarheen.  Voorheen het jou reis afgehang van die pont-operateur se beskikbaarheid.  Saterdag het ons vir die eerste keer die dorpie besoek.  Want…daar is ‘n baie beroemde kerk, wat anders?  :lol:

016-copy

Igreja de Nossa Senhora da Conceiçào da Muxima.  ‘n Hele mondvol, maar beteken glo iets soos “Church of Our Lady of Conception of Muxima”.  Muxima en die nabygeleë Massangano was belangrike plekke vir die ou Portugese.  Van hier het hulle met skepe die binneland ingevaar en slawe gaan soek.  Dis hoekom daar ook ‘n  fort is: as jy wil slawe vang, moet jy seker jouself kan verdedig as die inwoners vies raak.  Die Portugese het blykbaar van die wreedste metodes gebruik gemaak om die slawe te  ‘tem’.  Voor hulle uitgevoer is na hoofsaaklik die Amerikas, moes hulle eers gedoop word.  Vandaar die kerk.  Eienaardig, maar ek neem aan Christenskap was anders in daardie dae.

Die fort op die heuwelDie fort op die heuwel

Die fort en die kerk is in 1566 gebou.  ‘n Paar jaar later het die Hollanders groot skade aangerig toe hulle beheer oorgeneem het, maar die Portugese het dit weer herstel.  Die kerk huisves ‘n 400 jaar-oue beeld van Maria wat die Portugese agtergelos het.   Met die burgeroorlog is dit verskuif na Luanda, maar  het teruggekeer na die kerk in Muxima toe vrede bereik is.  Sederdien is dit die mekka van Angolese Katolieke.  Elke September trek duisende pelgrims na die klein dorpie om hulde te bring aan “Mama Muxima”.  Die Pous besoek Angola in Maart 2009, en Muxima is klaarblyklik ook op sy reisprogram.

Die kerk vanuit die fort.  Die kerk vanuit die fort.

Die kerk en die fort is albei deur die Angolese benoem as World Heritage Sites.  Dis egter steeds net op die voorlopige lys.  Restourasiewerk is in 2007 aan die fort gedoen, maar alhoewel hy pragtig wit geverf is, lê stok-ou kanonne nog in die stof en neem onkruid weer oor.  Die kerk behoort aan die Katolieke Kerk, en is in ‘n beter toestand.  Ek wou graag ingaan om foto’s te neem, maar nadat ek gesien het hoe die mense hulle skoene uittrek en buig voor hul ingaan, het ek besluit dit sou nie respekvol lyk nie.

029-copy

Ek moet my hoed afhaal vir die Portugese.  Hier kom jy op ‘n skippie aan met seker net die broodnodigste goed.  Hoe en waar begin jy in hierdie bosagtige wêreld om sulke strukture te bou wat 400 jaar later nog staan?  En in hierdie hitte!  Nou die dag het die temperatuur by 47 °C getrek.   :shock:

Natuurlik het slawe dit baie makliker gemaak.  Die een sou dit nie sonder die ander kon doen nie.   Dus:  dit het sekerlik bloed en sweet gekos, maar die Portugese en Angolese kan maar gerus trots voel op hierdie skatte.

Vir my ook nuwerig:  Angolese musiek.  Luister na Waldemar Bastos as hy Muxima sing.  Die strekking van sy woorde:

My heart is clean, for that reason I can go to Our Lady of Muxima without any fears or regrets and nothing will happen to me.

The Angolan proverb says that he who goes to Our Lady of Muxima with an evil heart risks being drowned crossing the river to get there.


0 Responses to “Muxima”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: