10
Oct
09

Money for nothing?

30 Desember 2008

Soms maak die  Snotblokkers my sommer moedeloos.   As hulle eers begin om die Wizardy Land of Oz so te besing, kan ek letterlik voel hoe  my kopare klop.  Reg om te bars.  Boonop was ons van daais wat opgestaan het om die krieket te kyk vanoggend, en ek het bejammerend na die klomp ex-pats gekyk wat hulle (voormalige) span so toejuig.  Want moet hulle nie eintlik die verloorspan, hul tuisspan, ondersteun nie??  :lol:

In elk geval.  Na drie ure slaap word ek moegerig wakker vir die dagtaak.  En die dagtaak behels eintlik net werk uitdeel; en supervise.  In realiteit beteken dit egter om my gat saam met die vyf tuiniers in die tuin te kry.  Anders gebeur daar sweet blou boggerôl.

Dit was nie altyd so nie.  Daar was ‘n tyd toe ons gemoedelik gesels het, toe ons ‘n goeie span was.  Intussen was daar ‘n staking, en die 5 kamerade moes saam strike.  Daarna was hulle nie weer dieselfde nie.  Om die waarheid te sê, ek dink hulle is doelbewus besig om te kyk of hulle my van my rocker kan kry.

Byvoorbeeld.  Die nuwe tendens is om die tuinslange op die grasperk te rangskik en die krane oop te draai.  Die watertjies loop dan vir u-u-u-u-u-u-re so in een plekkie.  Later loop dit oor die sementpaadjies.  Maar die spreiers gebruik en die water skuif?  Not in you life!  Ek het al mooi gepraat, baklei, ‘n translator gekry – elke keer knik hulle net instemmend kop, en gaan aan met die praktyk.  Soos weer vanoggend.  Ek het nie krag gehad om toys uit die kot te gooi nie.  Net die kraan gaan toemaak.

Gister het ek soos ‘n slaaf gestaan en met die Flymo die grasrante getackle.  Want hulle ignoreer dit mos nou al weke.  Sowaar as vet.  Vanoggend is hulle besig om met panga’s ‘n strook gras af te kap – waar ek gister reeds die gras netjies afgesnip het.  Ek begin nou aan my oordeel twyfel.  Dalk is dit nie mooi as die gras teenaan  die sementpaadjie is nie.  Dalk is dit mooier as daar sementpaadjie, ‘n 5 cm strook oop grond en dan gras is?

Dalk is dit net die feesseisoen wat mense nie lus maak vir werk nie?  Dalk is die Snotblokkers tog reg?

Ek is te moeg om vandag te besluit.  Dis weer ek en die Flymo…


0 Responses to “Money for nothing?”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: