10
Oct
09

Fair or not?

7 Januarie 2009

Ek is ‘n mens wat vinnig op my perdjie klim en dan dom dinge doen.  Ek gallop nou weer lekker, maar het besluit om niks te doen alvorens ek nie bietjie objektiewe, en hopelik wyse, raad gekry het nie. Here goes:

Die saak staan so.  My man se werk betaal vir x hoeveelheid kaartjies vir my en sy (talle) afhanklikes.  Dis nou die kinders, nê!  Vir hierdie jaar het ons nog ‘n paar kaartjies oor, m.a.w. wat ons nie gebruik het nie.  Nie omdat ons nie wou nie, maar oor goed soos werksdruk, of paspoorte wat nie betyds terugkom nie.

Ek doen die tuine in die kompleks.  Sonder betaling.  Wat heeltemal fine is, ek sou van my kop afgeraak het as ek elke dag hier moes uitstap en die tuinboys sien droogmaak – en my snater toe hou.  Ten minste kan ek nou nog die sweep  klap.  Vir die wat nie weet/kan onthou nie, lees weer hier.  Die tuine is nou onherkenbaar, al moet ek self so sê.

Ek dog toe, ons het kaartjies oor, en ek doen hulle ‘n guns met die tuine, laat ek hoor of ek my ou moeder kan opbring.  Ek wil haar my rotstuin wys, en sy wou al lankal kom kyk hoe lyk Angola.  Maar nee, sê die nuwe manager, dis teen die reëls.  Net afhanklikes mag kom. Nevermaaind of ons kaartjies beskikbaar het nie.

Nou voel ek dis erg onregverdig.  Verdien ek nie ook ‘n ‘perk’ nie?  Dis gaan hulle niks ekstra kos nie, onthou dit! Sy is net nie ‘n ‘afhanklike’ nie.  Ek kan nog ‘n kind opbring, maar net nie, asseblief net nie, my ma nie!!


0 Responses to “Fair or not?”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: