10
Oct
09

Barra do Dande

3 Januarie 2009

Ons het vandag Barra do Dande (Dande-riviermond) toe gery.  Oulike plekkie.  Oral sien mens oorblyfels van ou Portugese geboue.  Soos altyd het ek gewonder hoe die dorpie in sy heyday gelyk het.

019-copy

Eers het ons teen ‘n styl paadjie na die klipperige strand geloop.  Die oogmerk was om klippe op te tel vir die rotstuin.  Die klippe is neergegooi soos die going al hoe tawwer geword het.  Op die ou einde het ons net twee klippe gehad om te wys vir al ons moeite!  Maar dis ‘n baie mooi plek.  Eendag gaan ons nog hier kamp.  Ek het tot my ‘kaalgat tan-klip’ gemerk!  :lol:

Daarna het ons gaan eet in die dorp.  ‘n Vriend het die ‘restaurant’ hoog aangeprys.  Nou weet ons ook wat ‘uit-eet’ op die Afrika manier is…

Langs die hoofpad, onder ‘n versameling gazebo’s, bome en ander saamgeflansde hutjies, is die eetplek. Wit plastiektafels- en stoele.  Duidelik baie gewild, as mens na al die 4×4’s kyk wat aan die oorkant van die pad geparkeer is.  Ons word verwelkom deur ‘n dikke, vriendelike Afrika mama.  Ordintlik wat ons is, mik ons eers na ‘n afgesonderde tafel agter in die hoek van die establishment.   Hel!  Vlieë vir Afrika, duisende van die goed.  Gelukkig beduie die mama ons na ‘n tafel teen die pad.  Baie minder van die pestilensies daar.

Die kombuis/stoofDie kombuis/stoof

Net drie goed op die spyskaart: tongvis, kreef en ‘n ander vis wie se naam ek nog nie kon vertaal het nie.  Ons bestel kreef.  Dit word sommer ook langs die pad op ‘wheelrims’ gaargemaak.  ‘n Rukkie later kom die bakke kos aan:  kreef, boontjies in ‘n borriesous, patats, cassava, ‘cooking banana’ en opgekapte uie in ‘n spicy oliesousie.  Was dit nou lekker!  Mens stoei bietjie jou pad deur die vlieë oop, maar hoe later, hoe kwater.  Later ignoreer mens hulle maar net.

Vrinne by die tafel langsaanVrinne by die tafel langsaan

Die kinners aan't vreteDie kinners aan’t vrete

Terwyl ons eet, loop ‘n spekvet, modderbesmeerde vark oor die pad, snuffel-snuffel bietjie in ons rigting, maar kies dan ‘n ander koers.  ‘n Village brak kom soek scrappies by ons voete.  Aan die oorkant van die pad lê die inwoner van ‘n huis plat op die stoep en slaap.  Die village lewe gaan voort om ons terwyl ons eet.

056-copy 057-copy

Oi!  En ek altyd gesweer ek sal nooit as te nimmer een van hierdie roadside eetplekke besoek nie…  :lol:


0 Responses to “Barra do Dande”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: