08
Oct
09

Sexy kitsch

van  Bashing innie Boendoes deur  boendoe

26 Desember 2008

Ons het ‘n nuwe ‘plant manager’.  ‘n Ou Brasiliaanse omie wat hulle uit retirement getrek het om die leisels hier  (probeer) vas te vat.   Hy is ‘n kort, stil mannetjie, lyk soos ‘n tipiese oupa.  Sy vrou, Marguerite, of te wel, Daisy, het die 17e Desember by hom aangesluit.  My eerste indruk van die first lady was ‘nice, but kitsch’.  Ek het daai woorde solidly gesluk.

Oor Kersete het ek die tannie bekyk.  ‘n Plomperige vrou in haar vyftigs met pikswart gekleurde hare.  ‘n Halternektoppie wat ‘n kaal rug en ‘n ouerige cleavage ten toon stel.  Niks wat ek normaalweg as stylvol sal bestempel nie.  Mutton dressed as lamb.  Tot mens haar leer ken.

Sy is ernstig ‘into beading’.  Nie gewone stringetjies nie.  Nee, groot, bonkige stukke.  Goud en rooi. Rooi en wit. Swart en groen.  Oranje.  Groot, blink blomme.  Sy het ons vertel van haar stokperdjie, en toe ‘n paar van haar skeppings gaan haal om te wys.  Sommer so oor die Krismisete.

Hoe meer ek na haar gekyk en geluister het, hoe minder het ek gedink sy is kitsch.  Vibrant. Dis al hoe ek haar kan beskryf.  Sy het vertel hoe sy nooit die Rio Karnaval mis nie.  Sy het ‘n breë choker gemaak met haar man se naam daarop.  Haar man dans nie saam as dit karnaval-tyd is nie, en haar choker is om te wys sy is ‘gevat’.  Sy lag uit haar maag uit, beduie wild met haar hande.  Sy’s sexy, en sy weet dit.  G’n wonder haar man draai om haar soos ‘n by om ‘n blom nie.

Die Suid-Amerikaanse dames maak my jaloers.  Hulle is so gelukkig in hulle eie velle.  Al is dit vol haelskade.  Al is daar ‘n vetrol of twee om die middel.  Al dril die boude.  Hulle wys lyf met selfvertroue, en hulle lyk regtig mooi. Flambojant en eksoties, selfs op vyftig.

Ek kan maar net kyk en haar beny.  Oor ‘n paar jaar is èk daai ouderdom, en ek kan al sien wat my voorland gaan wees.  Ek gaan nie met ‘n breë choker die samba tydens die karnaval dans nie…  :lol:


0 Responses to “Sexy kitsch”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: