06
Oct
09

Rubbish of ‘n Krismisboks?

19 Desember 2008

Eers groet ek so hartlik, en nou kan ek nie ophou skryf nie…  :lol:

Die enigste ‘kamphond’, Digby, is so twee jaar gelede oorlede.  Rogeiro se brakkie, Sasha, het toe hier rond gehardloop, maar hy het ‘n huis gehad.  Sasha (en Rogeiro) is intussen ook weg.

Sasha het ‘n laeklas speelmaat van die village gehad.  ‘n Groot, bruin hond.  Selfs nadat Sasha weg is, het die hond steeds in die aand die kamp besoek.  Eintlik was sy ‘n pyn innie agterent, want in die oggende het ons die vullisdromme omgestamp gekry met die gepaardgaande gemors versprei op die grasperk.

Vroeg een oggend loop ek deur die kompleks om te kyk wat die tuinwerk van die dag is.  Ek kry Vaughn rustig op sy stoepie, besig om koffie te drink terwyl hy teug aan ‘n sigaret.  Vertel hy my dat ‘n hond kleintjies onder sy huis gekry het.  Ek het op my knieë deur die gleufie geloer, maar kon niks sien nie.  Toe ek die kinders later daarvan vertel, het hulle gaan kyk en kom terugrapporteer.  Die ma-hond èn haar babas is nog daar.  Omtrent 4 babas.

Nou is hier groot opgewondenheid.  Pieter vra so lank al vir ‘n ‘puppy’, en heimlik het ons gedink om vir hom enetjie te kry.  Die probleem was net wààr.  Daar is troeteldierwinkels in Luanda, maar ek sien nie kans om $100 vir ‘n pavementspecial te betaal nie.  Nou wonder ek…het Krismisvader dalk ‘n vinger innie pie hier??

Die ma is ‘n villagebrak.  Maar dit voel so asof sy haar uit haar omstandighede wou werk, en toe kom kleintjies kry het by die kompleks.  Maar…ek’s stupid met sulke dinge…is dit wys om een van die brakkies te hou?  Sal hy/sy nie peste van die ma kry nie?  En dan, wat doen mens met die ander 3?  Voel ook nie reg om net een te hou nie…maar kan ons 4 honde hier aanhou?  ‘Ons’, soos in die kompleks.

Die ma is wild, en hardloop dat die biesies bewe as sy ‘n mens sien.  Ek sit nou maar kossies by die opening waar sy in en uit gaan.  Hopelik raak sy, en veral die babas, mense gewoond.  Is dit wys?

Waar is al die dierelovers as mens hulle nodig het?!  Help my ‘n besluit maak, asseblief!  :wink:


0 Responses to “Rubbish of ‘n Krismisboks?”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: